Dié kurwes is 'n Oscar werd
Die modes van die jare 50 en 60 is daarvoor bekend dat hulle die vroulike vorm beklemtoon het. Hollywood vier weereens dié modes in rolprente soos die Oscar-benoemde The Help.
The Help, met Viola Davis, Octavia Spencer en Jessica Chastain, is vir 'n allemintige vier Oscars benoem. Met soveel aandag op die vroulike spelers uit dié fliek, kan ons dit nie help nie: Ons neem dié seisoen volop inspirasie uit vroulike modes soos uitklokrompe.
In die 1960’s was vroulike kurwes dié ding om te hê, en hierdie winter fokus ontwerpers soos Louis Vuitton, Marc Jacobs en Valentino weereens op die vroulike silhoeët. Daar raak ons van vooraf verlief op die volromp – die vleiendste romp vir alle vroulike figure.
- Foto van Ster-Kinekor



















Kommentaar