Tom Ford se nuwe gesig

Deur Amaria Carstens, SARIE Julie 2010

Lindiwe Suttle, dogter van die bekende geselsprogram-aanbieder Felicia Mabuza-Suttle en bekend vir haar liedjies soos "Sweet Like Butta", is pas as die verteenwoordiger van Tom Ford Eyewear in Suid-Afrika aangestel.

Haar debuutalbum, The One We've Been Waiting For, is in Junie 2010 bekend gestel.

Lindiwe se liefde vir mode het in New York ontwikkel, waar sy as stilis saam met sterre soos Beyoncé Knowles en Cynthia Nixon gewerk het, en deesdae verteenwoordig dié sanger alles waarvoor dié topontwerper van luukshede bekend staan - tydlose, sjiek styl.

Carl Zeiss Vision SA versprei Tom Ford Eyewear in Suid-Afrika. Vir meer inligting, kontak 011 886 9510 of besoek www.zeiss.co.za.

  • Foto van Armstrong PR

Galery

  • Lindiwe Suttle met 'n Tom Ford-sonbril
  • Lindiwe Suttle met 'n Tom Ford-sonbril

Web Development by FormFunction