Victoria's Secret-model die nuwe gesig van Accessorize

SARIE - Julie 2009

Accessorize vier hul 25ste jaar met die bekendstelling van model Ana Beatriz Barros as hul gesig vir lente/somer '09.

Ana, 'n Brasiliaanse supermodel, het al op voorblaaie van Vogue, Glamour en Marie Claire gepryk, maar sy is veral bekend as Victoria's Secret- en Guess-model. Haar eksotiese gelaatstrekke pas perfek by die bruisende kleure van Accessorize se nuwe bykomstighede-reeks. Steenversierings op handsakke en strand-kaftans is groot nuus, terwyl die juwele etnies en eksoties is. Die Mahiki-reeks is meer klassiek in 'n palet van swart, wit en goud.

MEER OOR Ana Beatriz Barros

Sy is destyds deur die bestuurder van Elite Model Management ontdek terwyl hy in Brasilië vakansie gehou het.

In 1998 het sy die Brasiliaanse Elite Look of the Year-wedstryd gewen. Sy was naaswenner by die wêreldwye wedstryd.

As sy nie 'n model geword het nie, sou sy graag 'n veearts wou wees.

Haar beste vriendin is die Brasiliaanse model Alessandra Ambrosio.

Sy het 'n tattoeëermerk in die middel van haar laerug, en nog een op haar enkel.

sarie.com nooi jou agter die skerms toe die pragtige foto's vir die nuwe advertensie-veldtog geneem is . . .

Verwante artikels

  • Arms vol kleur

    Arms vol kleur

    SARIE - Desember 2009

    Bonkige juweliersware is dié somer in die kol.

  • Boheemse versierings

    Boheemse versierings

    SARIE - September 2009 | Kommentaar: 1

    Voel soos ’n eksotiese wêreldreisiger met die meng en pas van etniese en blom-bykomstighede.

  • Bonkige ringe

    Bonkige ringe

    SARIE Januarie 2010

    Ons hande jeuk vir hierdie geweldige mooi ringe (van R129 tot R229, Accessorize)!

  • Mode wat die planeet beskerm

    Mode wat die planeet beskerm

    SARIE - November 2009

    Die ontwerpe van die Ipanema Gisele Bündchen-sandale (vanaf R160) vir somer 2009 is geïnspireer deur die lewensiklus van water.

Galery

  • Accessorize se lente/somerreeks
  • Accessorize se lente/somerreeks
  • Accessorize se lente/somerreeks
  • Accessorize se lente/somerreeks
  • Accessorize se lente/somerreeks
  • Accessorize se lente/somerreeks
  • Accessorize se lente/somerreeks
  • Accessorize se lente/somerreeks
  • Accessorize se lente/somerreeks
  • Accessorize se lente/somerreeks
  • Accessorize se lente/somerreeks
  • Accessorize se lente/somerreeks
  • Accessorize se lente/somerreeks
  • Accessorize se lente/somerreeks
  • Accessorize se lente/somerreeks
  • Accessorize se lente/somerreeks
  • Accessorize se lente/somerreeks
  • Accessorize se lente/somerreeks
  • Accessorize se lente/somerreeks
  • Accessorize se lente/somerreeks
  • Accessorize se lente/somerreeks
  • Accessorize se lente/somerreeks
  • Accessorize se lente/somerreeks
  • Accessorize se lente/somerreeks
  • Accessorize se lente/somerreeks
  • Accessorize se lente/somerreeks