Voller figure op loopplank in NY
Tussen die supermaer modelle en die petite ontwerpe by vanjaar se New York-modeweek, is die voller vrou ook gevier met die bekendstelling van Bare Necessities se Bare Plus-onderklerereeks. Só berig www.reuters.com.
"Vroue met voller figure is lankal nie meer in die minderheid nie. 'n Mens sal dit egter nooit sê as jy na die media, advertensies en vermaak kyk nie. Meer as 60% van Amerikaanse vroue dra 'n 14 [18 in Suid-Afrika] en groter," het Jay Dunn, bemarkingshoof van Bare Plus gesê.
Liggaamsgewig en kwessies rondom die ideale lyf is al vir jare deel van die mode-debat. En ná die dood van twee modelle in 2006 het 'n paar lande soos Italië en Indië supermaer modelle van loopplanke verban.
Ontwerpe deur Hanky Panky, Calvin Klein en DKNY sal ook deur Bare Plus versprei word.
Dié reekse sal by die New York-modeweek in September deel wees van die Curvy-modeparade, waaraan ses ontwerpers sal deelneem.
"'n Vrou met 'n voller figuur wil soos enige ander vrou goed voel," het Maryellen Kernaghan, 'n 53-jarige blogger wat die vertoning bygewoon het, gesê.

















Kommentaar
Janie het gesê:
Ek het nou deur almal se kommentaar hierbo gelees en sommer hardop gesit en lag, want ek STEM SAAM en identifiseer met elkeen van my mede-stryders! My boobs pas in net eenvoudig geen mooi bra nie en daar is net nie 'n sexy broekie op die rakke wat oor my bobene kom nie...Selfs ook in SA winkels moet mens mooi soek na 'n ordentlike en vleiende ontwerp vir 'n voller figuur wat darem 'n bietjie modern is.
24ste Feb. 2012, 18:42Meraai het gesê:
Waar en hoe gou kan mens dit kry? Jippee dit is fantastiese nuus
23ste Feb. 2012, 13:35Thea Grobler van der Nest het gesê:
Wonderlik dat iets in hierdie deurmekaar lewe tot normaal kom - dis so bevrydend vir menige vrou!
23ste Feb. 2012, 12:05Eve het gesê:
Die meeste vroue in my familie het voller figure. Baie is ook kort. Maar almal is aantreklik. Hoeveel families bestaan net uit maer mense. Regtig?
23ste Feb. 2012, 11:58WANDA DU PLESSIS het gesê:
Wonderlik dat die vrou met buuste, regte egte boere borste, ook nou mooi bras kan dra en nie die ou tannie cross your hart bras net in wit en so lelike biscuit kleur nie. Daar word mos net bras gemaak vir die vrouens sonder borste - wat is die doel dan van die bra as dit gemaak word vir die wat niks het om in te sit nie en dan is die bras nog pragtig ook. Ek verbrand sommer my cross your harts vandag nog. Die oorgrote meerderheid dames voldoen beslis nie aan die "geraamte look" van die modelle met ingesonke oe en honger uitdrukking op hul gesigte nie. Skande dat geraamtes gebruik word om vroue klere te modelleer - laat hul gebruik word om doodsklede te adverteer - dit sal meer gepas wees. Die res van ons is ras egte vroue met kurwes en genoeg vatplek.
23ste Feb. 2012, 11:16Rianda het gesê:
Sjoe uiteindelik!! Hoe gereeld blaai en blaai ek nie deur tydskrifte opsoek na idees vir die voller figuur nie? Ek raak raadop as ek die tydskrif oopblaai en daar verskyn 'n poppie in 'n nommer 8 uitrusting. Dankie Sarie vir hierdie ene!
23ste Feb. 2012, 10:10suzette het gesê:
Dankie tog ons voller figuur dames kry ook nou bietjie sonlig, dit moet nog net by mans se koppe insink, maar selfs jou bleddie dokter soek jou lyk soos 'n gemakerde sopbeen, of nog beter soos 'n uitgedroogte bokkom.
23ste Feb. 2012, 09:51cynthia het gesê:
Dankie vader daar word na vroue met 'n voller figuur gekyk en onderklere gemaak vir hulle en nie net vir die gemaskerde sopbene nie.
23ste Feb. 2012, 09:15marlene marais het gesê:
so finally they saw the light - maybe skinny clothes don't sell as well anymore.
23ste Feb. 2012, 09:12