Bella Hadid, Kendall Jenner & Gigi Hadid. FOTO Instagram / @victoriassecret

Mode

Kloue uit tussen bekende susters?

Die bekende supermodel-susters Gigi en Bella Hadid het vanjaar behoorlik die modewêreld op hol.

Albei susters het ’n suksesvolle jaar agter die rug. As modelle kompeteer hulle reeds teen mekaar om kontrakte los te slaan vir dieselfde advertensie-veldtogte, voorblaaie, loopplankvertonings en vele meer.

Verlede jaar het Gigi vir Bella gewen; sy’t toe vir die eerste keer aan die Victoria’s Secret-vertoning deelgeneem. Maar vanjaar het albei in dié vertoning geloop.

Op 5 Desember is hulle weer kop aan kop vir dieselfde titel: Internasionale Model van die Jaar by die Britse modetoekennings. Boonop is een van hul beste vriendinne, Kendall Jenner, ook benoem. En ons wonder wie dié titel gaan wen?

SARIE se modespan se geld is op Bella Hadid. Waarom? Bella het daardie “IT“-faktor met ’n unieke gesig en skoonheid wat jou twee keer laat kyk.

Die vyf benoemdes vir dié gesogte toekenning is:

Adwoa Aboah

Bella Hadid

Gigi Hadid

Kendall Jenner

after

A photo posted by Kendall (@kendalljenner) on

Lineisy Montero

Lees nou

Swanger model op die Victoria’s Secret vertoning se loopplank

Mode geheim… só hou jy die toppie stylvol

Gril! Wat sal jy maak as jy só ‘n dooie dinge in jou nuwe mode kopie vind?