2011_12_02_12_03_54
Mode

KLûK CGDT se nuwe winkel maak deure oop

Ontwerper Malcolm Klûk vertel hulle het lank gesoek na ‘n nuwe gebou vir hul Kaapse winkel, maar Breestraat 47, ook bekend as The Townhouse, was nog altyd op hul wenslys. “Ons wou ‘n winkel hê wat ​​op sy eie staan, soos ons winkel in Johannesburg, en nie tussen ‘n videowinkel en ‘n haarkapper ingedruk is nie. Ons is nie aanhangers van winkelsentrums nie, en ons wou hê ons winkel moet die eksklusiwiteit en luuksheid wat ons bied, weerspieël,” sê hy. Verder vertel hy hulle is lief vir Kaapstad en trots daarop om deel van die World Design Capital 2014 te wees. 
Skakel 083 377 7780 of besoek www.kluk.co.za vir meer inligting.