nike_tennis_ms_s2_0049_large
Mode

Wimbledon-modes – hier’s wat jy moet weet

Dis weer tyd vir aarbeie, room en goeie tennis op Wimbledon. Nike se uitrustings vir sterre soos Rafael Nadal (wat ongelukkig reeds uitgeskakel is), Serena Williams, Roger Federer en Maria Sharapova is sjiek in wit.

Deesdae gaan die toernooi nie net oor die spel van die spelers nie, maar die toeskouers is ook al hoe meer geïntereseerd in wat die spelers dra. Nike het gesorg dat atlete wat sy klere dra, gemaklik en modieus op die baan voel en lyk. Spelers soos Maria Sharapova, Serena Williams, Roger Federer en Rafael Nadal word geklee in klassieke style en tradisionele wit, maar met die nuutste baanbreker-tegnologie van Nike.

Lyk modieus en stylvol in die nuutste tegnologie van Nike Ons moes ongelukkig vroeg tot siens sê aan Rafael Nadal in die toernooi, maar so het sy “Nike Premier Rafa Crew”-uitrusting gelyk.
Serena Williams lyk sjiek en gemaklik in die “Nike Premier Printed Flounce”-rokkie. Lyk modieus en stylvol in die nuutste tegnologie van Nike
Lyk modieus en stylvol in die nuutste tegnologie van Nike Ons hou asem op om te sien of Roger Federer weer die titel kan verower, veral met die “Nike Premier RF Crew”.
Maria Sharapova wat altyd modebewus is op die baan, lyk swierig in die “Nike Premier Maria Flounce”-rokkie. Lyk modieus en stylvol in die nuutste tegnologie van Nike

Die Nike-tekkie in jou klerekas

Nike-tennisskoene,waarvan die spelers 3 style sal dra, is steeds die tradisionele wit kleur op die baan, maar van die baan af kan jy ‘n bietjie meer waaghalsig wees en deel word van die mode-tendens wat almal aan die praat het. Sport-opryg-tekkies is nou hoog in die mode, en ons praat nie van die 80’s toe jy dit saam met jou spanbroek sou dra nie. Nee, die gier is om dit saam met ‘n paar opgerolde jeans of ‘n broek te dra – en maak seker dat die broek bo die enkel sit. Speel ‘n bietjie en dra die nuwe Nike Air Max-tekkie by ‘n kort romp en ‘n netjiese bloes soos gesien in Moschino Cheap and Chic se lente/somer 2013-reeks.

Sportklere in die SARIE-winkel

Lyk modieus en stylvol in die nuutste tegnologie van Nike Geel vliesstoftop van SLICK
 Langmoutop van Ooh La La Lyk modieus en stylvol in die nuutste tegnologie van Nike
Lyk modieus en stylvol in die nuutste tegnologie van Nike Swart vliesstof-langmou-top van SLICK
Lyk modieus en stylvol in die nuutste tegnologie van Nike Driekwart-oefenbroek van Ooh La La

‘n Swart oefenbroek is vleiend en prakties en kan saam met enige kleur top gedra word.