384472_148973585206597_100002818693433_186229_2045909747_n
Mode

Reg vir die somer

Volgens ontwerper Christine Barrett is gehalte koning. Sy wil hê dat enigiets wat jy by haar koop jou deur verskeie somers sal hou. Die Georgie.Beach-ateljee is in Pepperstraat in die hartjie van Kaapstad, en die naam kom van haar pa se bynaam. Christine sê: “Ek wou nog altyd my eie onderneming na iets so persoonliks vernoem, want dit motiveer my om voort te gaan en suksesvol te wees.”

Kontak Christine by 021 424 8417, of besoek haar webwerf by www.georgiebeach.co.za