FOTO Glen Montgomery van Supernova

FOTO Glen Montgomery van Supernova

Mode

Lyk slanker – ja, veral met horisontale strepe!

Dis ’n feit: Horisontale strepe kan uiters vleiend wees. Ja, jare lank al word ons aangesê om weg te bly van strepe wat dwars loop as ons maerder wil lyk, maar in der waarheid is strepe ’n vrou se beste vriend. Noem dit maar ’n geheime wapen!

Dit werk op dieselfde beginsel as wanneer jy ’n belt om jou middel dra: ’n horisontale streep wat jou nouste punt beklemtoon. En nou is dit wetenskaplik bewys ook. Volgens ’n studie van dr. Peter Thompson van die Universiteit van New York, skep strepe wat dwars loop inderdaad die persepsie van ’n slanker silhoeët.

Strepe is te sien in alle vorms en groottes – vir alle vorms en groottes. Meng ook verskillende strepe in jou uitrusting. Geskik vir van die loopplanke tot die rooi tapyt en straatstyl.

WENK: Dunner strepe – horisontaal en vertikaal – is die verslankendste streep.

Lees nou

Rooi lippe is wéér groot dié somer

Is dít Natalie se volgende Oscar?

5 kandelare met ’n verskil

  • mathilda bnhoyezuide

    strepe sal maar altyd n wenner bly!