Matriekafskeid

Adriana de Vries

Daar is drie dinge wat my inspireer het…1940’s….Marilyn Monroe en nou(2010)! My skoene, bo-stuk en juwele was ‘n tipiese 1940’s “look”, my harestyl en die foto van my gesig herinner aan my gunsteling foto van Marilyn Monroe en die romp gedeelte was ‘n funky twist om my rok modern en anders te hou.

Sien alle inskrywings

  • Inge Eckhoff

    WOW!

    Ek is nie n persoon wat sommer kommentaar lewer op dinge nie, maar toe ek deur al die inskryf rokke kyk en hierdie rok raak sien moes ek net my mening gee.

    My asem is weg! Werklik die uniekste stuk van al die rokke. Die rok vang `n moderne sheek gevoel gekombineer met die klassieke styl en sjarme van "Ou Hollywood".

    Dis vir my by verre die wen rok!!!

  • Pauline

    Pragtige rok – jonk, vars en oorspronklik. Jy lyk soos ‘n filmster!

  • Loanne

    Beslis die mooiste rok van al die inskrywings, al die elemente van die rok komplimenteer mekaar sonder om enigeiets van die geheelbeeld af weg te neem! Ek hou van die speling met die patrone op die rok en die kort onderstuk is werklik iets besonders!

    Ek hou van die herhaling van die rooi in die rok met die rooi in die skoene, baie oorspronklik. Sjiek en stylvol, stunning rok, sy lyk pragtig!