dsc_0067
Matriekafskeid

Aleysha Stoman

My ma het my een Saterdagoggend in Mei geboelie om saam met haar Menlyn winkelsentrum toe te gaan om ‘n rok wat sy in ‘n klein boetiek gesien het te wys. Ek was glad nie in die bui om te gaan nie, want ons smaak verskil heeltemal. Na ‘n lang gesukkel het ek ingegee en saamgegaan. Met die eerste oogopslag was ek glad nie in my skik nie, maar die oomblik toe ek die rok aantrek het my ma gesukkel om hom weer van my lyf af te kry. Ek het geweet dit is die rok vir my. Almal wat in die winkel was, het gesê ek lyk pragtig. Net daar en dan het ek besluit dit is my rok. Ek het hom vir maande veilig weggebêre tot die groot aand. Alles was perfek.

Sien alle inskrywings

  • http://www.softlinevip.co.za Dianne Voss

    Pragtig – Aleysha – Jy het soos ‘n ware model gelyk!!
    Die rok was pragtig en Jy het geskitter soos ‘n Hollywood STER!!

  • Liezle White

    Pragtig!!

  • Toy

    Aleysha

    Jy het soos ‘n prinses in die amazing skepping gelyk, whowwww

  • Helen McDonald

    Absolutely fabulous!! Jy lyk fantasties. Die rok beaam en vly jou lieflike slank lyf sonder om oordadig te wees. Wens ek kon dit in lewende lywe aanskou het. Bere hierdie nommertjie want dit gaan vorentoe handig te pas kom.

  • Wilma Louw

    Wowwww!!!! Stunning, seker jy het die koppe laat draai. Dis regtig ‘n beautiful rok, net vir jou gemaak.

  • Charmaine

    Baie mooi gelyk. Stunning rok.

  • Rentia Prinsloo

    Jy lyk absoluut pratig, En ek’s bly jy het vir jou ma geluiter- onthou ma’s weet altyd beter. Nee ek joke sommer net Aleysha, regtig beutiful gelyk.
    Rentia

  • Ronel

    Pragtige kleure en detail in rok. Baie stunning.

  • Johanna Welsh

    Baie baie mooi gelyk. Pragtige rok

  • Emmie

    Jou rok is prentjiemooi. Jy het regtig fantasties gelyk.