Matriekafskeid

Alisna VAn Wyk

Soos die liedjie: BLOU is my hart & BLOU is my gedagtes …………… Blou is beslis my gunsteling kleur. Daarom die besluit om al die verskillende skakerings daarvan te gebruik. Al die skakerings was deel van een stuk materiaal, wat die ontwerper hoofbrekens besorg het. My rok is in ‘n moderne, vloeiende styl gemaak wat elegant vertoon. My rok moes ook kuis genoeg wees, want ek wou nie aanstoot gee nie. Gemaklikheid was ook n voorwaarde. Wie wil nou heeltyd jou rok optrek of toehou? Die gespe en kristalle aan die voorkant rond my rok deftig af vir die spesiaalste geleentheid tot dusver in my skoolloopbaan. Soos almal altyd sê: Minder is meer!

 

Sien alle inskrywings

  • R van Wyk

    Dit is seker een van die mooiste rokke wat ek nog gesien het.
    Die styl pas jou perfek en kan sommer sien dat jy gemaklik en soos ‘n prinses gevoel het.

  • Estee Prinsloo

    Jou rok is baie mooi, jy het beeldskoon gelyk!!

  • Adelle van Rhyn

    Een van DIE mooiste rokke!! jy het soos ‘n regte prinses gelyk!! die blou komplimenteer jou verskriklik mooi!! stunning verby! en ek stem, more is less!!

  • Abby van Rhyn

    Jy het pragtig gelyk Alisna!!

  • Lemé

    Jy het absoluut stunning gelyk! Die rok pas perfek by jou, asook die kleur!!! Beslis een uit ‘n miljoen!!!

  • Elsjé Heunis

    Gorgeous verby!!! Die prentjie is net volmaak!!! Van kop tot tone!

  • Chanzelle Smit

    Alisna,Jy lyk so pragtig en eligant!!
    Mal oor jou rok!! jy lyk defnetief soos n ware prinses!

  • Dené van Wyk

    *So vreeslik mooi*

  • Simone

    WOW jy lyk beeldskoon Alisna, dis lekker om iemand soos jy te ken, jou hart is net soo mooi soos jou rok…

  • Rochalle Jordaan

    Alis,, jy is een beeldskone meisie! Ek is mal oor die rok wat jy in gedagte gehad het, en die wat jy met die blou skakerings gedoen het! Hierdie is net een stunning foto.

  • jana coetzee

    ‘N pragtige rok vir ‘n pragtige mens op ‘n kosbare dag. Niemand kan mooier in daai rok lyk as jy nie.