allie_mv_rok_2011_109
Matriekafskeid

Alleresha Deschamps

Matriekafskeid is DIE glansgeleentheid in elke meisie se skoolloopbaan,dus is dit een van DIE hoogtepunt wat sy die res van haar lewe sal onthou…Ek het na baie prentjies gekyk,maar nie een was die idiale rok vir my nie,daarom het ek wel op n patroon besluit wat pas by my figuur en dit was my beginpunt.Ekt geen idea gehad watter kleur of watter tipe materiaal ek wil he nie,daarom het my ouers my afgelaai by n groot marteriaalwinkel en so het ek self materiaal begin soek,waaroor ek mal is en wat perfek by my persoonlikheid sal pas en dit het!Die twee tipe sjampanje goud kleur materiaal het perfek by mekaar gepas,maar ek wou iets byvoeg,bietjie detail bysit,ietsie exstra net om daai 2 stukke lap te beklemtoon deur die 2 kleure so biejie van mekaar te breuk…Die afronding was gedoen deur my ma,waar sy die sleep agter my rok bygevoeg het,dit het iets besonders aan my rok gedoen,dit het my rok n n meer sagter en elegante voorkoms gegee…Ek het baie van die drie verskilende soort teksture gehou,wat saamgevog is om die perfekte matriekafskeidrok te maak! :)

 

Sien alle inskrywings

  • Gretha Botha

    Alleresha, Jy het pragtig gelyk en kon nie beter kies nie, ek dink jyself en jou ouers kan trots wees op so "laaste oomblik" matriekafskeid rok, Na ‘n vol jaar is dit altyd die toppunt om daardie jaar aftesluit met die perfekte, mooiste mooi, prentjie droom van ‘n rok en ek moet se "welgedaan" dit beklemtoon jou skoonheid en die kleure en styl is iets wat mens laat terugdink en droom. Dit is sowaar pragtig. Jy kan baie trots wees op wat jy reggekry het om die eindprentjie te kon bereik.

  • Wena Theron

    Ek sien jou in geen ander rok nie. Jy het pragtig gelyk en jy het daardie rok gedra soos wat hy behoort gedra te wees. Die rok vat ‘n mens so effens in ‘n ander era in en dit pas een honderd persent by jou persoonlikheid, niks oormatigs nie en tog treffend pragtig. Ek dink jy gaan eendag deur jou matriekafskeid foto’s kan kyk met trots en weer daardie besondere oomblik oor en oor kan beleef en onthou hoe dit voel om soos ‘n prinses te lyk en te voel. Welgedaan Alleresha!! Ek is bly jy het jou matriekafskeid so geniet. Jy het voorwaar pragtig gelyk, nie dat jy ‘n mooi rok nodig het om jou mooi te maak nie. Tog het jou eenvoudige maar pragtige rok jou wonderlike persoonlikheid bitter mooi afgerond.

  • Lida Bosch

    Lida Bosch
    Jy het absoluut pragtig, pragtig, pragtig gelyk. ‘n Baie mooi rok vir ‘n baie mooi meisiekind.

  • Belinda Munro

    Onverbeterlik. Die rok vlei jou en pas jou soos ‘n handskoen. Jy was en is pragtig!!

  • Gienie Roach

    Die mooiste rok ooit. ‘n Mooi mens en ‘n mooi rok pas mekaar soos ‘n handskoen.

  • Coenraad en Francois Bosch

    Sjoe, maar jy is mooi. Die rok is baie mooi. Ons is klein seuntjies en ons dink sy is baie mooi.