img_2707
Matriekafskeid

Allicia van der Merwe

Sou ek Sneeuwitjie wees met sewe slaafse agtervolgers… Of dalk eerder die Slapende skoonheid wat eers “ontwaak” met ‘n prins in die prentjie… Wat van Aspoestertjie met die een glas skoen… Rasponsie met haar meters en meters goue lokke…? Ek was Allicia… Skoenloos, sprankelend met die wêreld aan my voete, ‘n Prins Charming in ‘n Alpha Spider en my kroontjie op my donker lokke om die kersie op my mooiste van mooi dae te sit. ‘n Rok wat nie blou was nie, ook nie pers nie, met meters en meters valletjies het my soos die kaalvoet prinses van my eie sprokiesverhaal laat voel. My sprokiesrok word geinspireer deur daardie een hoekie van elke meisie se hart waar sy haar lugkastele bou en drome droom. Ek het net die geleentheid gehad om my droom Matriekafskeid te sien waar word… Net soos elke sprokiesverhaal het elke laaste ding wat kon verkeerd loop, verkeerd geloop! Van ampertjies “date” loos, na ‘n rok wat gedreig het om te lank te wees vir my kaalvoet neigings, na ‘n haarkrisis wat my baie aan die natgelekte koei stadium in my lewe herhinner het! My sprokiesverhaal het sy gelukkige einde gekry, of eerder my gelukkige begin!

 

Sien alle inskrywings

  • Trudie Kriel

    Absoluut pragtig Allicia! Hoop jou sprokiesverhaal se begin gaan regdeur jou lewe gelukkige spoortjies laat! Trudie

  • Zelnari

    Pragtig! Haar stuuning persoonlikheis skyn deur die foto en die rok is verruklik!

  • Esmé Small

    Uitstekende verhaal vir n uitstekende mensie. Ek voel bevoorreg om jou te ken. Jy het stunning gelyk. Werklik soos ‘n sprokie

  • Laurette

    Jou sprokie was voorwaar goeie motivering vir jou pragtige rok

  • Marilé van Wyk

    Jy lyk asemrowend :) die kleure is baie goed gekies!!

  • Sonja

    Feeprinses in ‘n feetjie rok! Stunning!!!

  • Neelsie

    Pragtig en sprankelend! Ek hou van die kaalvoet-prinses gedagte. Dis vars, speels, ongekunsteld en dit werk! Jy is ‘n pragtige, spontane model!

  • Lynette

    Jy lyk pragtig prinses!!