matriekafskeid_2011_172
Matriekafskeid

Amoryn Snyman

Soos my een vriendin sê : “Ons lyfies is so dat ons maar ‘n rok rondom die rondings en hoeke moet bou.” Ons het natuurlik geskaterlag want dit is presies wat ek en sy gedoen het. My ‘argitek’ was ‘n winkeltjie in Woodlands. Ek het die pragstuk gesien en natuurlik dadelik aangepas en geweet dit is die een wat mooi sal uitstaan en die lelik sal kamoefleer! Daarna het ons bos gegaan met die naald en gare, toe my ma en haar vriendinne by die skool (my ma is ‘n onderwyser) aan die rok ‘n ander kleur en geur gee. Wat my hart se punt van die hele uitrusting is, is die oranje-pienk “platforms” wat deesdae op die loopplank pronk. Dit is mos so vroulik en ag te oulik, is dit nie?

 

Sien alle inskrywings