Matriekafskeid

Analda Breedt

Ek het net geweet dat my tannie Marie presies gaan weet wat my gaan pas en watter kleur ek moet aantrek! Ons het gaan aanpas en aanpas maar niks het reggelyk nie. Tannie Marie het toe besluit wat my die beste gaan pas en vandaar gewerk! Sy het kom kuier op die plaas en die basis deel van my rok gemaak. Sy is terug Pretoria toe waar die groot werk vir haar gewag! Van “piping” en “beads ” weet ek niks… maar dat dit groot werk is weet ek beslis!! Ek was baie tevrede met die eindproduk. Tannie Marie is voorwaar ‘n baie talentvolle mens! Baie Baie dankie tannie !

 

Sien alle inskrywings

  • Ronel

    Dis baie mooi! Bietjie ietsie anders!

  • Doald

    Wow, dis mooi!

  • Carol-Anne Steyn

    Jy het pragtig gelyk en tannie Marie weet defnitief wat sy doen 🙂

  • Carmen Badenhorst

    Jy het so so mooi gelyk!!!

  • Ronel Coetzee

    Baie mooi, sy lyk soos ‘n droom prinses, gelukkig en ontspanne, die pink pas haar perfek, sy is voorwaar pragtig in die skepping!!! Sterkte Analda.

  • Nicci Potgieter

    Analda, jy is pragtig! Spontaan, vriendelik en ñ voorbeeld vir ons jeug van vandag! Baie sterkte!

  • sonia Jooste

    Dit alles…,die rok en jy Analda ,is pragtig…..jy straal ‘n ‘inner beauty’ uit……beautiful!!!!!

  • chante knoesen

    The photographer may capture a special moment in time, but its the beauty within Analda and Tinus that radiate and touch the hearts of many!

  • anna

    Regtig pragtig !!!

  • Ina

    Die pienk omraam die prag wat van binne kom asook dra dit die geur net verder wat sy ook uitstraal wat ook weereens van binne kom…..deel met ons jou geheim Analda ?

  • Madelein

    Pragtig!!!!!

  • Analda

    Jinne dit was so lekker dag! Tinus lyk so booooos vir my !

  • Leona Randall

    Analda jy het so mooi gelyk, ‘n meisiekind vol lewe, ‘n jong vrou reg vir die lewe, so spesiaal met net so ‘n tinsel rabadoe in haar. Net genoeg om ‘n mens te laat glimlag en terug te dink aan jou eie jong dae!! Te pragtig!! Ons hou duim vas!

  • Wanda

    Knap gedaan Tannie Marie, Analda lyk voorwaar soos ‘n prinses. Sterkte vir die toekoms wat voorlê en mag die sukses jou later effe verveel 🙂

  • Hannelie van der Steenhoven

    Analda, jy het so mooi gelyk en daarby het jy nog so mooi persoonlikheid ook.Jou tannie Marié mag maar haar idees met naald en garing vaswerk…Jy is defnitief ‘n ster wat daardie Matriekafskeid dag helder geskyn het.

  • Elmarie Moolman

    Jou rok se kleur is pragtig! Jy het soos ‘n prinses gelyk!

  • Melandri van Oudtshoorn

    Wow!! Lyk sos ‘n prinses uit ‘n sprokie!!

  • Julie-Lynn Loubser

    Beautiful! Jy het baie mooi gelyk en die pienk pas jou perfek!**

  • Colleen Loubser

    Pragtige foto, jy het regtig mooi gelyk!

  • Wilma Viljoen

    Jy het pragtig gelyk stunnig foto van julle. Iets heel anders as die normale foto.

  • Wilmien Venter

    Sjoe, Voorwaar ‘n Prinses "in the making"

  • Yolanda Miller

    Dis ‘n pragtige rok. En jy lyk fantasties.

  • don

    Pikkewyn, die rok was baie mooi! tannie Marie het goeie Job gedoen maar jy het die rok vervolmaak!!

  • Isabel Meyer

    Analda, jy het ongelooflik gelyk. Die donker pienk is pragtig, en pas uitstekend by jou gelaat.

  • Candi Booysen

    "FANTAMAGORIES" mooi!! Daar is net nie ‘n mooier woord vir die mooi mensie in die mooiste skepping van ‘n rok wat haar persoonlikheid beaam!! Jy het "stunning" mooi gelyk!! Sterkte met alles wat jy met groot sukses aanpak!!

  • Wilma Viljoen

    Pragtig en anders

  • Linda

    Stunning!!!
    Linda

  • Nicky

    Baie baie mooi! Dit lyk elegant, en beklemtoon jou figuur uitstekend. Stunning!

  • tonie

    Ag jy lyk so mooi my niggie

  • Liesel Veldman

    Jy het "Stunning" gelyk, baie meer stylvol as die dogters wat dink d kleinste stukkies lap wat net die nodigste toemaak is "cool"

  • Janine Briedenhann

    Pritty in pienk…jy het pragtig gelyk. Ek hoop jy het die aand geniet en die koppe laat draai!

  • KITTY

    Hi Analda,

    Jy het "stunning" gelyk, ek hoop jy gaan wen!

    Sterkte

  • Ronell Knoetze

    Analda jy het soos ‘n prinses gelyk wat met pienk sneeu bedek is, mooier gaan jy wees die dag as jy trou in jou spierwit rok, sterkte Tannie Ronel

  • Ronel Brink

    Jy het so stylvol, maar ook prettig gelyk!!!!!! Well done!!!!!

  • Vernon

    Beeldskone rok vir ‘n Beeldskone dame op ‘n aand waar net die beste sou doen. Goeie werk Tannie Marie.

  • Zelda Kitching

    Te mooi vir woorde!

  • Hannelie Paulik

    Ons hou duim vas. Julle klaar my wenners.

  • Wilma Viljoen

    Julle het pragtig gelyk

  • arlien

    Jy lyk pragtig en ek is mal oor die foto

  • Mhi Smit

    Pragtig Analda, Tiens jy ook.

  • Marisa de Jager

    Stunning! Julle kan n mooi paartjie maak! lol Jou rok iets anders!

  • Frieda Visagie

    Wow!!! Jy het so pragtig gelyk Analdatjie!!! Dit is regtig ‘n pragtige rok en die jongman langs jou lyk baie in sy noppies (haha). Ek hou baie van die foto…jy ken my ietsie anders as al die ander en dit maak die lewe jolliger. Ek glo julle aand was lekker. Ek hou duimvas!

  • driekie

    jys pragtig!

  • Ronel B

    Baie mooi ! Stunning Rok !

  • Arlien

    Cute foto. Julle lyk te oulik

  • Tanna

    Prag prinses dogter in pienk…. Jy is voorwaar die geur van sagte aromas van liefde en sagtheid.. Jy dra voorwaar die rok en nie rok jou nie !

  • Zelda Venter

    Analda jy het verskriklik mooi gelyk!! Nes n prinses…vir altyd.

  • Francina van der Merwe

    Jy kan voor waardelik vir Tannie Marie ñ groot drukkie gee en baie, baie dankie sé vir so ñ wenner van ñ rok. Analda jy lyk pragtig poplap en jou date lyk stunning.

  • Dawie

    Analda…Jy regtig mooi gelyk.Stunning !!!

  • Francis Whitting

    Aitsa jou stunning girl! Jy lyk gorgs hoor……. Wens hier was meer Tannie Maries by ons…..

  • Wilna Heunes

    Jy kan met alle rede trots wees op jou Tannie Marié. Jou rok is pragtig en jy het soos ‘n prinses gelyk! Ek stem saam, jou rok is baie stylvol en beslis meer vir die oog as die meeste matriekafskeidsrokke wat uit een of twee velletjies lap bestaan! Ons hou duimpies vas!