Matriekafskeid

Anashti Van der Walt

Ek het van die begin toe ek begin dink het oor my matriek afskeidrok geweet my rok moet pienk wees. Ek het ook geweet hoe die onderkant van my rok moet lyk. Die bokant van my rok het ek en die dame wat my rok gemaak het saam oor besluit dat daar klein rosies op moet wees. Ek het vir myself soos ‘n prinses gevoel en dis al wat belangrik is dat jou matriek afskeidrok prentjie mooi moet wees want mens kry net 1 keer die geleentheid om soos ‘n prentjie te lyk op jou matriek afskeid. Daar het niks verkeerd gegaan met die maak van my rok nie die rok het presies gelyk soos wat ek hom wou gehad het. Nogmaals baie dankie tannie Charlotte

Sien alle inskrywings