andrea_0006
Matriekafskeid

Andrea Engelbrecht

Ons tema vir die aand was Alice in Wonderland en ek het dit nie in gedagte gehou toe ek na ‘n rok gesoek het nie. Ons het reeds in Meimaand begin rokke soek en ek was vas oortuig dat ek na ‘n iets in pienk sal kyk. Vanilla was die tweede winkel wat ons na gegaan het. Daar was ‘n pienk rok en ek het na die rok gekyk. Toe ek omdraai hang hierdie pers skepping daar – mense was dit mooi, in my hart het ek dadelik geweet dit is my rok en toe ek hom aanpas was dit asof die rok spesiaal vir my gemaak was. Dit was toevallig op Moedersdag voor ons moedersdagete en ek kon die rok aanpas met mamma en pappa en ouma en oupa en my boeta wat kon sien hoe dit lyk. Ek was sooo opgewonde. My inspirasie vir hierdie rok was my hart wat my die regte keuse laat maak het en my mamma en ouma wat daar was om saam met my te deel in hierdie oomblik, ek het soos ‘n prinses gevoel. My matriekafskeid was alles waaroor ek nog altyd gedroom het van kleins af.

 

Sien alle inskrywings