dsc01182
Matriekafskeid

Andrea Francoise Schreuder

Ek het idees op die internet gaan soek om min of meer ‘n idee te kry van wat ek wou hê. Ek het een rok gekry wat my baie inspireer het maar ons het die patroon heeltemal aangepas. Ek wou ook oorspronklik rooi as kleur hê. Maar die materiaal wat ek op die ou end gekies het, het hard met my “gepraat”. Ek is glad nie spyt oor my keuse nie die rok het prentjiemooi uitgekom en pienk is my gunsteling kleur. Die rok is ook bietjie anders van wat verwag word deur die blom motief daarop. Dit maak nie vir my saak hoeveel ‘n rok kos nie dis hoe jy dit dra wat saak maak. Daarom het ek nie oorboord gegaan met kostes nie ek het die begroting klein gehou maar tog met ‘n spoggerige rok uitgekom waarop ek kan trots wees.

 

Sien alle inskrywings

  • Corrie du Plessis

    Pragtige rok! Niks oordoen nie en tog pragtig. Die rok kry my stem

  • ilze

    Wow! Jy lyk en is pragtig.

  • Griet Scriven

    Andrea, jy het so ‘n mooi smile, jy sal ook in ‘n ou sak mooi lyk maar die rok is pragtig en heel besonders. jy het jou eie identiteit en styl. navolgers is saai mense en betaal ‘n fortuin om soos iemand anders te lyk. Go Girl!! Griet

  • Classina Vogel

    Andrea het pragtig gelyk!! ‘n Blondine en ‘n pienk rok is soos roomys met sjokoladesous – dit pas!!!!

  • Alida La Cock

    Absoluut pragtig!!!