mdp_0004_s
Matriekafskeid

Angelique Schickerling

Elke meisie droom al vandat sy in die laerskool is van haar Matriekafskeid! Ek wou van daardie tyd af al ‘n elegante, en stylvolle rok gehad het wat my persoonlikheid uitbeeld. Die kleur het ek gekies omdat ek mal is oor rooi. Rooi is ‘n warm kleur – ‘n kleur van liefde, passie en deursettingsvermoë. Ek het ook die rooi rok gekies omdat ek dink dit lyk mooi by my blonde hare. :-) . Die “detail” op my rok rond dit pragtig af. Daar is nie te veel detail nie, maar ook nie te min nie. Die ontwerper (Wilma Du Plessis) het werklikwaar my persoonlikheid, en al my drome in een rok, my rok, vir my opgesom!

 

Sien alle inskrywings

  • Tania

    Jy lyk pragtig niggie!!

  • Franco Jooste

    Jy het baie mooi gelyk en dit pas perfek by jou ! Rooi is jou kleur :)

  • monique

    Absoluut aswemrowend!! Elke meisie droom van prinses wees,jyt dt beslis reg gekry ds n rok uit n droom.die kleur is pragtig !

  • Theo Boegman

    Jy het soos ‘n prinses gelyk. Die rok het jou mooi, sterk persoonlikheid uitgebeeld. Jy is elegant en het die rok met grasie gedra.

  • Lynette

    Jou rok is stunning, net soos ek dit vir jou gedroom het.Rooi is jou kleur, vol selfvertroue en uitdaagings met grasie het dit jou ongelooflike geaardheid gepas.

  • Christine van Deventer

    Pragtig!!! Hoop jy het dit geniet! Sterkte met jul eindeksamen vorentoe.

    by voorbaat dankie
    Christine

  • Tania

    Wow and wow!!! From a girl to a woman…. Jy lyk aasemrowend in "jou" rok. Tania

  • Naydene Dixon

    Angelique, ek dink jy het pragtig gelyk!! Die kleur is stunning en pas so mooi by jou blonde hare.
    Ek dink jou ma se moederhart het sekerlik geswel van trots! Sterkte met jou swattings en eind eksamen.

  • Tanya

    Ongelooflik mooi maat!! **

  • Lourine Wannenburg

    Jou rok pas soos ‘n handskoen! Eenvoudige lyne vol handgemaakte detail en baie besonders! Pragtig!!

  • Ilse Muller

    Angelique jy lyk stunning! Pragtig en ek het gaan "brag" met jou op my fb wall! Jou vroulikheid wat jy met soveel waardigheid dra is pragtig!