dsc02506fb
Matriekafskeid

Anika Johnson

Ek en my ma het net een lukrake Saterdag in die Julie-vakansie gaan rokke kyk op verskillende plekke. Ons het die hele Pretoria rondgerits en ek het al wat ‘n rok is aangepas. Ek het nie regtig geweet waarvoor ek soek nie, ek het ook nie regtig omgegee oor die kleur nie, maar ek het gou genoeg agtergekom wat werk aan my lyf en wat werk nie. Toe ek op ALC afkom (die plek waar ek my rok gekoop het), was dié rok die eerste rok wat ek daar aangepas het. Ek het dadelik van die rok gehou – die manier hoe dit gehang het, hoe dit my bates beklemtoon het en hoe dit weggesteek het wat ek nie wou wys nie. Ons het slegs ‘n week later besluit om terug te gaan en wéér die rok te gaan aanpas. Die kleur was baie treffend vir my en dit het my donker hare gekomplimenteer. Ek het geweet dít is die rok wat ek op my matriekafskeid wou dra.

 

Sien alle inskrywings

  • Wilhelm

    Flippen mooi rok! Ek’s gaande daaroor!

  • Charne van Eck

    Vriendin!! super mooi!! jys n skat!! lief vi ju!!

  • André

    Anika !! Jy is beautiful !!

  • Gideon

    WOW, Anika!! Stunning!! Jy lyk soos ‘n droom! ;-) Baie mooi!

  • Liandrie

    Pragtig Anika!!

  • Alicia

    Baie mooi Anix! xx