Matriekafskeid

Anke van Eeden

As ek sê “oranje”, wat is die eerste ding waaraan jy dink? Pampoen….!! Wel, in hierdie geval was die algemene reaksie eerder iets soos “WOW”! Aanvanklik het ek geen idee gehad hoe my rok moes lyk en watter kleur ek wou hê nie. Toe ek die rok aanpas, het ek dadelik geweet dis die rok vir my. Toevallig het die kleur ook pragtig ingeskakel by die tema : Egipte. Die rok het my regtig baie spesiaal laat voel op die belangrikste aand van my skoolloopbaan. Ek het eintlik soos ‘n bruid gevoel. Een van die grootste oomblikke was om die bewondering in my metgesel se oë te sien. Na aanleiding van die applous van al die toeskouers, was my rok definitief een van die hoogtepunte van die aand.

 

Sien alle inskrywings

  • s. de beer

    Dis die aand wat jy nooit sal vergeet nie, en so pragtag gelyk! geniet die gevoel, want die jare gaan so gou verby.

  • Maretha Niemand

    Jy het pragtig gelyk Anke, besonderse rok

  • Amanda Fourie

    Anke,jy het pragtig gelyk!