img_8577
Matriekafskeid

Anneke Gildenhuys

Ek het in Gr.8 reeds geweet ek wil ‘n “flarde” rok hê waarmee ek kaalvoet Matriekafskeid toe kon gaan, maar nie geweet hoe dit moes lyk nie. Ek sou weet as ek dit sien. En toe gee my ma se vriendin vir my Nov. verlede jaar ‘n prentjie van my droomrok. Ek het dadelik geweet dis wat ek wil hê. Ook die kleur was reg. Tannie Erna se susterskind, Colette, het dit geteken net voor haar dood vier jaar gelede- sy was pas 20 en het gesterf in ‘n motorongeluk. Haar ma het die skets teen hul yskasdeur al vir jare en tannie Erna het ‘n fotostaat daarvan gemaak om my te wys (nadat sy gehoor het ek soek ‘n “flarde” rok). Haar suster het gehoop dat die rok eendag sou kon leef. Dat iemand dit sou wou maak en dra. Die tannie wat Colette se Matriekafskeidrok gemaak het, het ook myne gemaak. Die kleure wou ek net so hou en so het my droomrok stukkie vir stukkie “lewe” gekry. Hulle hartseer het my vreugde geword. En ‘n voorreg vir my om Colette se laaste skepping te laat leef. Haar ma sê sy glo Colette sou beslis tevrede gewees het.

Sien alle inskrywings

  • Karin

    Hierdie is baie oulik – ek hou ook van die verhaal!

  • cornette

    Ek is mal oor jou rok…jy lyk pragtig. Die groen lyk ongelooflik mooi