img_2805
Matriekafskeid

ANRI WILSENACH

Ek en my ma het al vir geruime tyd gesoek na die perfekte rok. Ek is nie in dieselfde skool as my kerel nie en dit was vir my belangrik dat ek hom nie net laat snak na sy asem nie, maar ook om terselftertyd so by hom aan te pas dat hy spesiaal voel met sy matriekafskeid. My groot doel was dus om hom aan te vul. Ek het hom dus saamgeneem toe ek na my droomboutique (House of Chick) in Krugersdorp is. Ek het vir die dame daar vertel wat ek wil en sy het sonder om te twyfel die rok vir my gaan uithaal. Ek het eers ‘n paar ander rokke aangepas, maar my woorde was min toe ek die rok oor my kop trek. Hy (my kerel) het liries geraak en sommer dadelik sy klere uitgesoek wat daarby sou pas. Dit was voorwaar die moeite werd en ek het in my doel geslaag.

 

Sien alle inskrywings

  • Berno

    So rok is n wen rok jy lyk asemrowend. Jy lyk baie mooi en aantreklik !!!!!!!!!!!!

  • Lize

    Dit is n baie mooi rok.Baie uniek! xx

  • Anri

    Wow… Anri, jy het stunning gelyk. Ek is so bly ek het ‘n mooi naamgenoot.

  • Chrizanné

    Verskriklik mooi!! Iets uniek en spontaan!! Mal daaroor!! :)

  • Charné

    Dis ‘n stunning rok! Julle het baie pretty gelyk!

  • Andrea

    Sjoh jy lyk stunning jy moes hom om geslaan het met jou sharmes

  • Chris

    Baie mooi rok daardie – veral om te dink dat dit net denim is

  • baas nico

    Dit is n Baie Baie mooi rok die detail is Baie goed gedoen die rok gaan die wenner wees van als die rokke aalmal sal saam stem die rok is n wenner

  • Caroline

    My niggie het hierdie selfde rok verlede jaar na haar matriekafskeid in Krugersdorp gedra en ja, dis ‘n absolute stunning rok vir ‘n stunning figuur !!! Sien 2010 se Sarie – matriekafskeidrok inskrywings… Beautiful en uniek !!!