antoinettematriek_vol
Matriekafskeid

Antoinette Meyer

Beste Sarie Die tema vir my rok was absolute elegansie. Ek het gevoel dat ‘n kombinasie van die rok wat Jo-Ann Strauss in die Lux-advertensie wat tans op televisie en in die Sarie verskyn, en ‘n rok wat ek in die Sarie in Chanel-parfuum advertensie gesien het, die tema perfek uitbeeld. Jo-Ann se rok was die inspirasie vir die patroon van my rok terwyl die oop rug van die agterkant van my rok deur die Chanel-parfuum geïnspireer is. Al was die rok in die parfuum advertensie oorspronklik swart, het ek gesien dat dit net so mooi in my gunsteling kleur kan wees. Christa wat my rok gemaak het, het ook praktiese wenke en insette gegee om my rok perfek en veral gemaklik te laat pas. Groete Antoinette Meyer

Sien alle inskrywings