img_0156
Matriekafskeid

Anzette Klynhans

My grootste inspirasie vir my rok was ‘n pragtige en klassieke top wat my ouma ‘n paar jaar terug vir my ma gehekel het. Ek dink elke meisie begin vandat sy verstand het haar droom rok visualiseer, maar nooit het ek gedink dat ek so ‘n ongelooflike erfstuk sal dra nie. In die begin was my ouma maar skepties en later het ek ook begin wonder of ek nie dalk te waaghalsig is nie,ek het styf duim vasgehou en geglo in my ouma se talente. Ons grootste uitdaging was die 400km tussen my en my ouma maar sy het haar nie laat afskrik nie en sy het tot my rok oor ‘n koekblik getrek om te kyk of hy reg trek toe ek nie daar was om aan te pas nie. My aand was werklik spesiaal en wat dit nog meer spesiaal gemaak het was om te weet dat elke steek met liefde was en dat ek die enigste een in die land is met so ‘n unieke rok sonder nate!

 

Sien alle inskrywings

  • CC Klynhans

    Baie klassiek, pragtig! Die rok is buitengewoon en is beslis nie iets wat jy sommer weer sal sien nie.

  • H van Wyk

    Dit is ‘n pragtige rok Anzette ek bewonder jou en jou Ouma se deursettings vermoë. Jy is reg dit is ‘n erfstuk wat ek glo met liefde gemaak is. Jy lyk pragtig.

  • Armand Klynhans

    Dis ‘n baie pragtige rok sussie, jy lyk ongelooflik in hom!

  • Zaske woest

    Anzette, dis n baie pragtige rok kan nogsteeds nie glo die hele rok is gehikkel nie. Stunnig!

  • Deon Greyling

    Dit is n asemrowende rok en ek kan nie dink die rok is gehekel nie. Dit is baie spesiaal! Jy lyk pragtig.

  • Elsie Kruger

    Jy het regtig STUNNING gelyk!!!!!!!!!!!!!! Jy staan uit bo die ander!!!

  • Bessie Klynhans

    Jy lyk stunning!!!!!!!!! Ouma kan nie glo dit is haar handewerk nie, Die rok is baie spesiaal die mooiste wat ek gesien het op die foto’s, en dit is nie omdat ek hom gehekel het nie

  • Lientjie Jordaan

    Anzette, jy lyk pragtig die rok is regtig enig in sy soort. Jy kan bevooreg voel om so ‘n oulike ouma te he.

  • Ina

    Baie mooi. Ouma mag maar en glo sy het dit geniet. Pragtige handewerk Ouma, die jongklomp weet nie meer van handewerk nie.

  • Alet Diederichs

    Anzette, jy lyk asemrowend mooi. Jou rok, hare en grimering komplimenteer al jou mooi "fitures". Jy is stunning!

  • Jan-Lois Moolman

    Anzette jy lyk stunning, jou rok is baie spesiaal. Jy lyk "sexy"!

  • Poena van Wyk

    Anzette jy het baie mooi gelyk met jou matriekafskeid. Jou rok is cool!

  • Louise Roodt

    Anzette jy het pragtig gelyk!!!!!!! Die rok is uniek en die enigste in sy soort. Ja dit is hoe ons ouma Bessie ken daar is niks wat haar onder kry nie, nie eers die 400 km tussen julle nie

  • Nellie Kilian

    Hello Anzette dit is wonderlik, onthou ouma Bessie is ‘n wonderlike mens. Jou rok is uit die boonste rakke. Sterkte met die eksamen.

  • Sanet Steyn

    Wow, ek kan skaars glo dat dit gehekel is! Ouma jy is ‘n regte staatmaker om so ‘n spesiale rok vir jou kleindogter te maak!

  • Susan Nell

    Hi Anzette, Jy lyk pragtig. Dit is nou ‘n wonderlike ouma met deursettings vermoee en waarop jy baie trots kan wees. Ek weet ook dat sy die rok met baie baie liefde gehikkel het.

  • Ansie Woest

    Hi Anzette,

    Jy het Pragtig gelyk. Dit is regtig ‘n besonderse rok.