• Merle

    Oeps, nee-wat sussie, ‘n kort rok is nie vir daardie bene bestem nie, materiaal lyk nes die gordyne wat ek by ons plaaslike gordyn-winkel sien hang het… maar nie te sleg aan jou nie?…….:)

  • Naomi Stander

    Die bene wat uitsteek is nie sleg nie, dit lyk of jy ‘n paar kuite aan jou kan he. Ek dink hierdie was ‘n goeie keuse vir jou

  • Janine

    Sarie beeld nie katterigheid uit nie, m.a.w hier is nie plek vir jou katterige kommentaaar nie. Bly dan eerder stil.

  • Bonita Swartz

    Ek stem volkome saam met Janine. Bly stil as jy nie iets moois kan sê nie. Hierdie dogter lyk vir my pragtig en haar bene makeer niks nie

  • Rencia

    Ek hou baie van die materiaal, dit is anders as die normale. Jy lyk stunning.

  • Audrey

    Ashley, die kleur en styl is pragtig en jy lyk absoluut stralend. :-)) Mense soos Merle het niks beter om met hul tyd te doen as om ander sleg te sê nie en ken duidelik nie die verskil tussen gordyn materiaal en rok materiaal nie – moet jou asb tog nie jou aan sulke mense steur nie. Jy en almal wat hierdie foto sien weet jy het stunning gelyk!

  • Rene

    Ek stem ook saam Janine, hierdie meisiekind is kort- en kort meisies lyk PRAGTIG in rokkies wat hulle lengtes pas. Ashley- jy lyk voorwaar nes ‘n blonde pop-prinses uit die 60’s en baie ander meisies wens hulle het jou rokkie gehad- en jou BENE! Dit skree jy het bietjie houding! ONS LIKE!

  • Anna-marie

    As mens nie iets goeds kan se van iemand nie bly dan liewer stil.

  • Marié J v R

    Wat ‘n self voldane meisie. Jy lyk pragtig en straal behoorlik