promgirl_305556309
Matriekafskeid

Ashley-Lynn Cole

My inspirasie was stylvolle, simplisiteit. Ek wou he my rok moet elegant,eenvoudig tog wow wees. Die feit dat ek lank is 1.78m, maar effens breed om die hepe het my op die snit laat besluit. Ek het ook gedink die kleur sal uitstaan omdat die basiese kleurskema gewoonlik blou, pienk of groen is vir matriekafskeid. Ek het nie eintlik ‘n rolmodel gehad nie maar ek het gedink dat die rok my baie deftig sal laat lyk en voel aangesien ek eintlik ietwat van ‘n rabado is.

Sien alle inskrywings

  • Desre

    Waar is die gesig van die persoon? Hoe weet mens dis sy wat in die rok staan?

  • Tania

    Hierdie is ‘n PRAGTIGE rok!! Tydloos en stylvol. Ek hou baie van dit.

  • Chantel

    Dis twee verskillende rokke???

  • Theresa

    Pragtige rok, maar lyk nie of dit die een was wat matriekafskeid toe gedra was nie

  • Rozelle Venter

    Ashley-Lynn kon onmoontlik nie in die rok gepas het nie. Vergelyk net die bo-arms. Waar het sy die foto van die rok gekry? Vra maar net? Want as ek so ‘n pragtige skepping gedra het, sou ek nie sy kop "afgesny" het nie.

  • Megan Loots

    Girl, waar is jou kop op die foto?

  • Marguerite

    Uhm, dis ‘n website foto van die model wat die rok hier aan het. Sit liewer jou eie foto op dolla.

  • Wilma Schutte

    Nee sussie, die meisie in die mooi rok is nie jy nie. Die kop op die foto is afgesny, stuur jou eie rok in! Geen meisie stuur n foto van n rok sonder haar kop in nie. n Pragtige rok!

  • Tillie vd Linden

    Beslis ‘n pragtige rok MET GEEN PERSOONLIKHEID NIE. Wys maar vir ons jou gesiggie meisie

  • Mel

    ek’t hierdie foto self op die internet gesien, wou my matriekafskeid rok volgens hierdie prent gehad het, maar het toe op die ou end my eie ontwerp! NOT cool what u did girl. . .Michelle Groenewald behoort te wen. . atleast is sy haarself, en nie fake! Jammer vir die comment, dis ‘n stunning rok. . maar mens doen dit net nie, en jy skryf nogals ‘n lang stuk oor jou insperasie vir die rok! sit maar eder jou eie foto op!

  • Christa

    Ag nee girl het jy dit net gedoen om te kyk watse reaksie kry jy uit die mense uit, want as dit jou mikpunt was het jy dit reggekry. As jy enige iets anders probeer het soos om te wen "FAIL" is al wat ek kan sê.

  • Ansa

    Ek weet regtig nie wat het jy hier probeer nie. Meisie dit is so duidelik dat dit nie jy is op die afkop-foto nie. Waarom sou jy dit wou doen??