Matriekafskeid

Bernette Duvenage

Ek het nooit verstaan wat mense bedoel het toe hulle gese het dat ‘n rok presies vir hulle bedoel was nie -totdat ek hierdie rok aangepas het. My ma en sussie het hierdie rok eerste gevind, en dadelik geweet dis die rok vir my. Toe ek dit aangepas het, het ek dadelik geweet hierdie is die rok wat vir my bedoel was. Ek glo nog altyd dat klere nie bedoel is om jou dieet te beinvloed nie: jou klere moet jou lyf pas, net soos dit is. Hierdie rok het my soos ‘n handskoen gepas, en ek kon nogsteeds eet soos ek wou! Ek het ‘n onvergeetlike aand gehad, en ek wens ek kon elke dag hierdie rok dra…

 

Sien alle inskrywings