62743_501691699534_646004534_7280160_4187809_n
Matriekafskeid

Bianca Boshoff

My rok was vir my verskriklik spesiaal! Ek het self die onderdeel van die rok gemaak gedurende die Julie-vakansie en lekker gelag terwyl ek en my ma en my boetie gesit en kristalletjies aanwerk net vir die “finale afronding”. Die geselsies met die tannie wat my korset gemaak het en my ma wat seker gemaak is elke lappie is in plek is klein dingetjies wat ek altyd sal onthou. My inspirasie kom uit een van Franz Grabe se skeppings uit vere. Ek het miljoene verskillende grys en swart lappies in blaar-/veervorms gesny en in lae oormekaar gewerk – van katoen, kant, net, organza tot melkdoek en satyn. Dit was definitief my droomrok en my matriekafskeid sal altyd ‘n ongelooflike herhinnering bly! As ek aan my rok terugdink, dink ek aan ‘n lekker tyd in my lewe – want dis wanneer mens begin agterkom wie jy werklik is en begin wonder en droom oor die toekoms.. Dis wanneer jy begin lus voel om uit die nes geskop te word. Nou is dit tyd vir nuwe keuses en daar is ‘n nuwe wereld wat voor ons le – ek wil vlieg!

Sien alle inskrywings

  • Barbara

    Pragtig! Jy het asemrowend gelyk!!

  • Nina

    Ek hou baie daarvan! Die handewerk van jou rok bring ‘n unieke karakter en iets spesiaal aan matriekafskeid.
    My gunstelling!

  • http://hyfghvgvnkvj.com/ vsypohis

    kFxd11 plwifnnfsdjk, [url=http://vgwjilqykrfq.com/]vgwjilqykrfq[/url], [link=http://seuftdfuapay.com/]seuftdfuapay[/link], http://kkwvgkmmnopx.com/