def_2
Matriekafskeid

Bianca Fourie

My ideale matriekrok. Dit moet my persoonlikheid uitbeeld. Romanties maar tog sexy en stemmig. Ek wou iets anders en uniek hê. My ma is ‘n modeontwerpster en ons het nagte deurgewerk om my droom ‘n realiteit te maak . Die eindproduk het al my verwagtinge oortref , dit was my droom skepping. My hele rok is ‘n uitbeelding van wie ek is en waarvan ek hou . Ek is geïnspireer deur die natuur en die modes deur die jare . Ek kan nie ‘n defnitiewe kleur aan my rok koppel nie . Vanaf room tot verskeie skakerings van pienk en koraal . Modern tog antiek . Die kleure smelt saam en komplimenteer mekaar goed . Dis sag , oudtyds , elegant en ek het soos ‘n ware prinses gevoel . Die romp – kort voor en lank agter het uit 25 lae bestaan . Sagte net, rou sy en organza is gebruik . Die lyfie is gemaak uit rye organza lint wat kleur en tekstuur verskaf het asook Elle Saab kant blomme . Vir versiering het ek sagte blomme gemaak en op die romp versprei . Volstruis vere met Swarovski kristalle tussen-in het glans en afronding gegee .

 

Sien alle inskrywings

  • Shené Nagel

    Sjoe jou rok is rerig asemrowend mooi, dis soos iets uit ‘n storie boek! Ek het al na so baie rokke gekyk en ek wens myne was so mooi en beeldskoon soos joune! Jy is ‘n verskriklike mooi meisie en jy het rerig besonders mooi gelyk*

  • Annalene Rautenbach

    Wat ‘n fantasie rok, soos iets uit ‘n sprokie met ‘n byderwetse aanslag. Ek hou baie van die teksture en kleure wat so uniek gemeng is. Haar voorkoms is jonk en gepas vir ‘n tiener.

  • Bianca S

    Bianca, jy lyk stunning. Die rok is regtig iets uniek en spesiaal ek is verlief op als van die rok en ek is verras met die great manier hoe als saam op die rok so lyk of dit n ontwerp is van die broemde marie antoinette. Die perfekte kombinasie van vintage en modern.

  • Annelize

    Die rok is iets besonders !!! Dit bring vintage en moderne styl saam , dit lyk vloeiend en die blomme gee dit ‘n besonderse karakter !! Dit is def n asemrowende rok ..

  • Meshka

    Ag tog!!! Het gedink Bianca lyk soos n droom toe ek haar sien in haar rok! Dit pas ha soos n handskoen en gee vir my die gevoel van n fee prinses in die sonsak!! Mooiste rok wat ek in n baie lang ruk gesien het en net soos ha rok is dit 1 wonderbaarlike meisie ook! Dis iets besonders en uniek net soos die meisie wat die rok dra! As ek die rok sien , dan sien ek haar daarin! Dis sy uit en uite geknip!! Ongelooflike rok op n ongelooflike meisie! Lief die kind baie!* – meshka*

  • vicky

    Awesome rok, dis rerig mooi.

  • Anke

    Jy lyk ongelooflik in jou unieke elegante rok! Pragtig*

  • Leonie Stassen

    Dis unieks. Iets besonders en verby stunning.Bianca skitter berhoorlik in die glansrok.Die rok verteenwoordig haar unieke persoonlikheid en so ook haar "sense for style. Dink sy het behoorlik soos n prinses gelyk en gevoel.

  • soekie

    Jy lyk soos Cinderella—- rok n treffer! Asemrowend mooi— pas by jou!

  • Hannelize

    Wow ! Die rok is asemrowend! Stylvol ! Klassiek ! Wêreldklas !

  • Monica

    You look stunning Bianca!! :) I love your dress, it’s the best one of all!!