Matriekafskeid

Bianca van der Linde

Dit is 2010, ons is in matriek en die matriekafskeid stap nader… Ek het nie presies geweet waarna ek soek nie, tot ek eendag een van my vriendin, Adéle, se rokke aanpas, toe weet ek watter tipe styl my hart begeer. Ek het begin rondkyk in die winkels… Toe val my oë op hierdie rok en ek het geweet dit is die rok vir my – sonder enige frilletjies-en-valletjies was die rok nie ‘over the top’ nie. Dit het op die rak gehang in Boutique 4 U, Centuron Mall – `n ontwerp vanaf Italië. Ek is nogal `n stoftrapper, so ek wou graag vir my skoene kry wat my daardie ekstra lengte gee. Na `n lang gesukkel het ek uiteindelik skoene gekry by Vogue, Centurion wat my dansersvoete pas. En toe ek my oë uitvee was die matriekafkeid op ons voorstoep…

Sien alle inskrywings

  • Juanne

    Bianca is my dogter en ek is vreeslik baie trots op haar. Behalwe dat sy "stunning" gelyk en gevoel het, is die keuse van haar rok en Sarie inskrywing- ‘n bewys dat sy ‘n persoon in eie reg is…

  • Margo Coetzee

    Ek is bly ek kon deel wees van jou dag Bianca. Jy het "awesome" gelyk en daai rok was net vir jou (en die skoene ook!!)

  • Priscilla Smith

    Ek ken jou nie,maar wil net graag sê jy het fantasties en baie stylvol gelyk-dis ‘n baie unieke en tydlose skepping met uitsonderlike kralewerk en kleur en nie die tipiese ou matriekafskeid rokkie nie! Jy is definitief een van die top!

  • Hanlie Erasmus

    Ai Bianca, jy is beautiful! Ek onthou jou as ‘n klein ou dogtertjie met blonde haartjies wat so lekker saam met Ricky en Vasti gespeel het. Jy het pragtig gelyk, ek hoop jou aand was ‘n groot sukses.

  • Annette Teubes

    Baie mooi foto van Bianca, en ek onthou haar as ‘n altyd laggende meisiekind!
    Jy het pragtig gelyk en ek kan net dink hoe trots Juanne en Linda op hul dogter moet wees. Nie eens te praat van Oupa Boy en Ouma Marlene in Margate nie.
    Die kleur en die kralewerk het pragtig by jou gepas. Baie goeie keuse vir so mooie jong dame!