mg_0177
Matriekafskeid

Bianca van Rooyen

My oorspronklike idee was om ‘n rok te laat maak, maar my ma het gesê ek moet eers ‘n paar rokke gaan aanpas. Toe ek daar instap het hulle presies geweet wat by my sou pas. Ek wou iets hê wat niemand anders sal hê nie. Ek het eers ‘n soortgelyke rooi rok aangepas, maar ek wou sexy voel. Soos ‘n prinses. Toe sê die tannie dan is dié groen rok presies wat ek wil hê. Toe ek hom aanpas het hy gesit asof hy vir my gemaak was. Ek kon met sekerheid sê ek het my rok gevind. Dit was glad nie wat ek in gedagte gehad het nie, maar tog was dit iets heeltemal besonders en daar was net een van hulle gemaak. Nodeloos om te sê het ek soos ‘n feëprinses gevoel op die aand van my matriekafskeid!

 

Sien alle inskrywings