Matriekafskeid

Cara-Jo Tredoux

Dit het als begin toe ons opsoek was na my niggie se matriekafskeidrok terwyl ons almal saam met vakansie was (dit was nog gans te vroeg om vir my een te soek) My ma sien toe die rok wat my naam op het. Interessant genoeg, het ek eintlik my R30 se sandale eerste gekoop en was my rok dus daardeur geinspireer, Ek het verder eendag in die kunsklas vir ‘n taak my rok self ontwerp en nooit gedink ek sou regtig my rok volgens my ontwerp verander het nie en my rok is toe volgens my ontwerp verander. My haarknip is ook spesiaal ontwerp en het ek my handsakkie verander om by my rok te pas. My juwele is ook baie spesiaal, aangesien dit my 18de verjaarsdag geskenk was van my ouers, en het ek dit nie gedra tot die wonderlike dag nie!

 

Sien alle inskrywings

  • Karel

    Ongelooklik mooi. Pas perfek by jou dramatiese, kunssinige persoonlikheid. Die geheelbeeld is pragtig.

  • Tiaan

    Eksoties en uniek. Enig in sy soort nes jy.

  • Cangy

    Die rok verteenwoordig jou persoonlikheid uitstekend.

  • Henriëtte Jacobs

    Besonderse kleure, uniek, individualisties! Pragtig!

  • Saartjie

    Dis net so uitsonderlik en spesiaal soos jy!!!!

  • Lily

    Pragtig.Net so uniek soos jy.