Matriekafskeid

Cariena Augustyn

Ek was van kleins af lief vir modes en nuwe style, maar eerder as om alle giere slaafs na te volg het ek nog altyd my eie unieke persoonlikheid behou. Toe dit tyd was om Matriekafskeidrok te soek het ek presies geweet wat ek wil hê. Iets wat elegant en stylvol is, maar met ‘n lekker speelse gevoel om te pas by my ouderdom en persoonlikheid. Dit moes natuurlik ook my uurglas-vorm vlei en my vroulik laat lyk. Ek is mal oor my rok. Die groen kleur pas mooi by my oë, en die insetsel bo en die skewe soomlyn het my baie eksoties laat voel. Die borduurwerk was pragtig en het so mooi geblink as die lig dit vang. Ek het soos ‘n prinses gevoel in my rok, en my aand ongelooflik baie geniet.

 

Sien alle inskrywings

  • Etta Mollison

    Baie mooi en elegant. Voorwaar ‘n wenner!

  • Tania Du Preez

    Cariena jy lyk so mooi. Jy verdien om te wen.

  • Christelle Lourens

    Uniek en pragtig! Verdien om te wen.

  • Tilda Cronje

    Cariena, ek ken jou nie maar werk saam met Christelle! Jy het pragtig gelyk en die rok is beslis baie stylvol! Sal duim vas hou dat jy sal wen want jy lyk soos ‘n eksotiese model!

  • Mariesa Nel

    Jy lyk Awesome!

  • Leatitia van Straten

    Cariena, jy’t stunning gelyk!!!

  • Luzette Temple

    Jy het pragtig gelyk,die rok pas 100% by jou.

  • Sandra Sutton

    ‘n Besondere pragtige en interessante ontwerp. Dit het voorwaar puik by jou gelaatstrekke gepas en jy het soos ‘n droom gelyk Cariena.

  • Elsabe Veldman

    Cariena jou rok is verfrissend uniek en speels tog tydloos vroulik… beslis’n wenner!

  • Stefan Lourens

    Lyk baie mooi! Jy het defintief my stem.

  • Margaret Ngobeni

    Beautiful, elegant and modest. Carien you are really stunning, I am sure the judges will see that, you are going to win for sure.

  • Elfriede Van Vuuren

    Fantasties, Soos ‘n fee prinses

  • shantelle kapp

    Jy lyk ongelooflik!!!! Jy verdien om te wen.

  • Sally Smith

    Wow!! beautiful

  • Vicky

    Regtig besonders, verdien om te wen!

  • Amalia Wepener

    Jy lyk ongelooflik mooi!! Stunning!!