Matriekafskeid

Carike Nel

Ek het in Januarie begin rondbel en ooral begin afsprake maak om te sorg dat ek kan sien watter tipe rokke, style ens. daar buite is. Ons het deur ‘n vriendin uitgevind van HSC en het besluit ons sal ook eers daar ‘n draai gaan maak. Ek het ingestap en is gehelp deur Ulrika. Sy het dadelik gehoor wat ek vir haar gesê het en rokke begin aandra! Ek het toe ‘n rok gesien wat ek oor gaan dink het. ‘n Week later het Ulrika my ‘n lui gegee en gesê dat sy net die rok ingekry het wat ek na soek. Ek het ingestap en sy het die pragtigste, elegante, sagte, klassieke rok uitgehaal en gesê hier is jou rok. Hoe het sy dit geweet? Ja sy het geluister na my behoeftes!! Hierdie is my rok!!! Ek het die oomblik toe die sagte elegante rok teen my lyf hang en my pas soos ‘n handskoen geweet dit is myne!! Hierdie rok is net myne!!!

 

Sien alle inskrywings

  • Karin Eicker

    Jou keuse van die rok was perfek!!! ek is mal oor die eenvoud en die pragtige detail net onder die bolyf PRAGTIG EN ELEGANT!!! Dis ‘n rok wat ek nie maklik sal vergeet nie.

  • Andrea Hubbard

    Die hare en oorbelle was pragtig daarby 100% perfek

  • Surina Gerber

    Ek stem saam ELEGANT en Pragtig verby die rok pas jou soos die skoen vir Aspoestertjie….

  • Annelie Levrau

    Ek moet jou geluk wens. Jy lyk pragtig. Daar is goeie kommunikasie tussen jou en jou rok. Persoonlik vind ek dat daar tog baie detail in die ontwerp is. Dit is subtiel en pas by jou ouderdom en die geleentheid waarvoor jy dit gekies het.

  • Riana Woolward

    Baie geluk – jys die toonbeeld van n ontluikende vrou!!! Geen uitspattighede nie, tog baie modern. Van die ander jong dames kan by jou kom kers-opsteek. Selfs die honde lyk spoggerig…. Jys n tien uit tien.

  • Ulricke Laubscher

    Jy is net STUNNING Carike!!! Ek is bly ek kon jou help om soos prinses te lyk!!! HSC is trots op jou hoor!!!!

  • Susann van Vuuren

    So mooi Girl, kan enige rok laat goed lyk.. Die rok is stunning! PRAGTIG!

  • anya

    jyt so mooi gelyk kriek!! stunning meisie en rok!