carina_vol
Matriekafskeid

Carina Elliott

Almal droom van hulle perfekte matriekafskeidrok. Party wil soos prinsesse lyk, ander wil groot en teatraal gaan. Die ideaal wat my drome gevang het, was een van majestieuse dames wat oor ‘n groot dansvloer sweef met elegante mans aan hul sye. Almal is statig en trots, net soos die Victoriaanse styl.  Ek het hierdie styl gevolg met ‘n stywe korset en groot valle wat plek-plek opgetrek is. Die detail oor die korset is ‘n verskynsel van my persoonlikheid. Almal wat my ken, weet ek hou daarvan om te blink, en die aandag te vang met klein subtiele detail, eerder as uitbundige armbande of bloedrooi hoëhakskoene. Ek het besluit om ‘n moderne gevoel aan te bring met die kleur: ‘n diep lugblou of “azure.” Dit was al vir jare lank my gunsteling kleur. Oorspronklik wou ek ‘n wit rok hê, maar dan sou ek in blou moes trou. Dit sou nie deug nie. Daarom het ek maar met ‘n blou matriekafskeid rok gegaan. Een van my vriende het my rok beskryf as “klassieke skoonheid wat deur weefwerk aanmekaar gehou is.” Al wat ek kan sê, is hoe dankbaar ek is dat my Victoriaanse droom waar geword het.

 

Sien alle inskrywings

  • Tom

    Stunning dress and even more beautiful girl! You looked absolutely breathtaking Carina!

  • Russell Elliott

    Asemrowend

  • Ronnie Elliott

    Pragtig. Die kleur, die snit en die stylvolle model maak die perfekte prentjie.

  • RT. Elliott

    Jy is pragtig. Hoop jy het die aand geniet.

  • Suzette Findlay

    Soos jy tereg se, dit was deel van wie JY is – Dit is n stunning foto – sterkte

  • Estelle Erasmus

    Jy lyk asemrowend sterkte!! die rok pas by Jou persoonlikheid.

  • Leandra Thiem

    Baie mooi!!!!!!

  • Madeleine

    Pragtig sy lyk beeldskoon.

  • Simone Erasmus

    Ek kry nie die like knoppie nie.

  • Simone Erasmus

    Ek het dit gekry :)

  • Adriette Meintjes

    Hy,wil net se jy het baie mooi gelyk en hoop jy wen die ding, want jy verdien dit………!
    Jy’s n VaNtAsTiEsE gIrL….EnJoY:)

  • Anet Elliott

    Wow! beautiful!

  • Annie Strydom

    Jy het pragtog gelyk!

  • A.C.Elliott

    Beeldskoon – dit laat my regtig dink aan die Victoriaanse tydperk wat net die rykste dames ‘n "korset rok" kon bekostig.
    Jou hare, makeup, naels – als pas so perfek by jou rok! Ek is seker jou metgesel het die hele aand gewonder wanneer word hy wakker uit sy droom!

  • Marietjie Viljoen

    Jy het stunning gelyk Carina!

  • Martie jv Rensburg

    Beautiful dit is regtig baie mooi ons is trots op jou

  • Gizela Conradie

    Wow Carina jy het rerig stunning gelyk!*