carlin_du_toit_1_sarie
Matriekafskeid

Carlin Du Toit

Glans, styl en sjarme. Dit is presies waarmee ek my twaalf jaar van skoolgaan wou afsluit. Om ‘n rok te kry wat hierdie beeld uitstraal was egter nie so maklik nie maar ek was dadelik geïnspireer toe ek ‘n artikel in die Junie uitgawe van Sarie sien. Die artikel vertel van Patricia Nascimento, ‘n passievolle Brasiliaanse ontwerper wat onlangs ook ‘n winkel in Suid-Afrika oopgemaak het. En dit is toe net dáár waar ek my droomrok gekry het. Die ontwerp maar veral die smeulende rooi kleur het my ook geïnspireer om hierdie rok te kies. Ek glo dit straal spontaneïteit, selfvertoue, energie en passie uit- alles aspekte waarmee ek identifiseer. Elke meisie moet tog eenkeer in haar lewe ‘n rok dra wat haarself en ander om haar betower en ek kon nie aan ‘n beter geleentheid dink as hierdie glansaand nie!

Sien alle inskrywings

  • coleen

    Ag neeee!!! Dit slaan my asem weg! Eks bly eks nie n beoordelaar nie. Die een rok is mooier as die ander. Kan sien die rok is gemaak deur n geoefende ontwerper.

  • Megan

    Dit is ‘n pragtige rok. Ek hou baie daarvan.

  • http://Non.googlepages.com Kyle Tamblyn

    Ek was voor hierdie gelukkig genoeg om Carlin in die rok te sien by ons matriek afskeid. Die rok is net die mooiste rok wat ek al ooit gesien het. Carlin het pragtig in die rok gelyk en dit het haar so goed gepas. Dar is nie veel meisies wat in hierdi rok kan pas ni en dit goed kan "af show" maar Carlin het dit 100% gedoen. Sy lyk onsettent mooi en die haar postuur en haar natuurlike skoonheid pas die rok so veel… Daar is nie veel vrouens wat hierdie rok kan dra soons wat Carlin kan ni.

  • Loraine Lessing

    Carlin, jy lyk absoluut "stunning"!! Jy het beslis baie goeie smaak en het ‘n slim keuse gemaak. En ja….natuurlik pas die rok ook by jou pragtige persoonlikheid. Baie geluk!!

    Loraine

  • Amelda Grabie

    Persoonlik dink ek dat die rok Carlin se persoonlikheid honderd persent beklemtoon. Sy is altyd stylvol, nie net op haar uiterlike nie, maar ook as persoon. Styl en sjarme is deel van haar betowering, wat sy uitstraal na almal om haar. Haar karakter is soos die rok..passievol en gedertimineerd om te behaal dit waarop sy fokus. Maar tog is sy sag, en vroulik, stylvol, en uniek, in alles wat sy aanpak, en is sy ‘n sieraad nie net omdat sy as mens so beeldskoon en pragtig is nie, maar ook omdat sy so baie het om te gee, en altyd uitreik na ander, met ‘n hart wat omgee vir almal om haar.
    Vir my is sy die toonbeeld van grasie, sjarme, prag, en is dit haar persoonlikheid wat die rok besonders maak, van binne en buite. Die perfekte dame in rooi..

  • SOLOMON

    WOW!!! FANTASTIES!! DIE BESTE OOIT!

  • Chrisel de Beer

    Asemrowend!

  • elma

    Die rok is verruklik mooi. het na al die rokke gekyk en dink definitief dat die rok die mooiste is.

  • Mari

    WOW!! STUNNING!!!!!!

  • Marlene Coetzer

    Die rok is sowaar ‘n wenner, bly ek is nie ‘n beoordeelaar nie, maar hulle kan nie anders as om die rok as WENNER te kies nie. Carlin, jy lyk stunning jou ouers kan trots wees op jou. Sterkte !!

  • Markus

    Carlin het pragtig gelyk. Ons is baie trots op haar!

  • mig Jacobs

    Hierdie is n besodere elgante rok wat die asem laat intrek.

  • Anita Jacobs

    Beslis iets wat met kennis,vreugde en groot sorg gekies was om aan te pas by die eenmaaligge groot gebeurtenis van jou matriek afskeid Dus gee ek met oortuiging my opinie dat hierdie feestelike uitdagende dieprooi rok net van oorwinning spreek Dra dit met satisfaksie en uitbundige vreugde,want glo my dis mooier as mooi!

  • Elize Vorster

    Haar rok is asemrowend pragtig. Alles in geheel pas pragtig saam, dink nie sy sou n beter keese kon maak vir die geleentheid nie.

  • Sarie du Plessis

    Carlin,
    Wat ‘n fantastiese rok. Die tyl pas jou uitstekend en die ontwerp is ongelooflik stylvol en elegant. Die rok is ‘n wenner.
    ONELOOFLIK MOOI!

  • Juanti

    Stunning – Pragtige rok – hoe rooier hoe mooier! sy kan enige tyd op Holywood se rooi tapyt gaan paradeer!

  • http://www.sarie.com Karine Wilkens

    Lady in Red!! WOW WOW WOW!! Dit is sowaar ‘n stunning rokkie en ek dink dit is die wenrok!

  • B Schoeman

    Dit is voorwaar asemrowend….

  • Meraai

    Nee, kyk ons meisies in RSA kan met gemak, op die Hollywoodse rooitapyt gaan loop, die "fashion Police" sou ‘n 100% gegee het. Jy lyk bomenslik mooi! In die rok, grimering, hare, ag alles !!!!!

  • Mienkie

    ‘n Ware prinses in haar droomrok! Carlin, jy is PRAGTIG!!

  • Sophia

    Glans, styl en sjarme… maar nog baie meer as net dit! ‘n Rok vol passie, romanse en feestelike towerkrag. Glamorlicious!!