img_1247_2
Matriekafskeid

Carmen Blaauw

In elke meisie se “Aspoestertjie drome” is daar 2 groot oomblikke, haar matriekafskeid en haar troue. Vir elke vrou is haar droomrok ‘n versinnebeelding van haar persoonlikheid geinspireer deur dit wat vir haar mooi is en haar daarom laat skitter. My inspirasie vir diè glansaand is van die 1930’s. ‘n Era gekenmerk deur romanse en klassieke elegansie met inspirerende modes wat in die 21ste eeu nogsteeds toonaangewend is. Pelse en vere raak mode items in die 30’s en word bypassend gebruik op kledingstukke en bykomstighede. Aandrag raak meer wulps, vir die 1ste keer word die sensuele beklemtoon deur aanddrag wat kurwes en rondings wys en tog vroulik meer waaghalsig is. Ek wou hierdie klassieke elegansie vasvang maar ook terselfdertyd ‘sexy” en jonk wees, vandaar die lae rug en die net tussen die vere wat been wys. Die ongewone ys pienk kleur het my vel ondertoon komplimenteer en aan my ‘n starlende voorkoms besorg, afgerond deur my grimering. Op die dansvloer het alles die prentjie in my drome volmaak ingekleur – die kristalle op my rok wat glinster onder die ligte en die vere wat in sagte lyne vloei. Ek het die aand in en uit gesweef – ek my eie Aspoesterjie

Sien alle inskrywings