dsc_0188
Matriekafskeid

Carmen Meyer

Ek het van kleins af ‘n groot verbeelding gehad en droom nog altyd van koetse, kastele, prinse en prinsesse. Vir my matriekafskeid wou ek ‘n eenvoudige rok gehad het wat my soos een van die prinsesse in my verbeeldingswêreld laat lyk. Ek wou ook nie ‘n “stunning” rok gehad het waar almal net die rok raaksien en nie die volle prentjie nie. My rok moes my mooier laat lyk en voel en oor die hele prentjie moes afgerond geskryf staan. Ek het besluit dat my rok effens oop aan die rugkant moet wees met toutjies daaroor gespan, want dit het my laat dink aan die tabberts wat die meisies in 17de eeu gedra het wanneer hul ‘n bal bygewoon het. Die materiaal van my rok moes ook blou wees omdat dit die kleur van my oë komplimenteer.

 

Sien alle inskrywings