dsc_0242
Matriekafskeid

Cecile Pienaar

Ek het so jaar terug op fashion tv na die Cannes film festival gekyk. Tori Praver het in ‘n ongelooflike mooi rok deur Emilio Pucci daar opgedaag. Ek het dadelik geweet dat ek ‘n soortgelyke rok vir my eie matriekafskeid wou hê. Ek het kenmerkende elemente van dié rok met my eie styl vermeng. Die kleur van die rok was vir my baie belangrik en sodoende moes dit my persoonlikheid kon weerspieël. Ek is mal oor helderkleure en het onmiddellik verlief geraak op die besonderse blou chiffon materiaal. Die materiaal is gekoop en die rok is ontwerp en gemaak. Die uitkoms, my perfekte rok.

 

Sien alle inskrywings

  • Liena

    Ek weet nie hoekom mense so bohaai maak oor al die troukoekrokke nie. Jy lyk 100x mooier.

  • Delmarie

    Jy lyk baie elegant en stylvol. Ek is mal oor jou rok. Dis nie altyd nodig om ”way out” te wil gaan met ‘n mens se matriekafskeid rok nie. Soms is ‘n eenvoudige, mooi rok baie beter en staan baie meer uit. Jy lyk stuning.