dsc08436_copy
Matriekafskeid

Celiané Heyns

Aanvanklik het ek heeltemal ‘n ander idee gehad. Toe ons by Claris se deure instap, het Annatjie van Jaarsveld se rok, wat sy by die Liefling Premiere gedra het, dadelik my oog gevang. Ek het na my ma gedraai en gesê: “Ek soek só rok!” Die onderkant van die rok is wat ‘n indruk op my gemaak het – lae lappe met ‘n vloeiende onderkant wat uitgerafel is en hier en daar ‘n stukkie kant. Ek wou iets sprankelend…iets kleurvol…iets gemaklik…iets ANDERS gehad het! Vinnig het Gerrit Pienaar my idees vir die perfekte rok vasgevang op ‘n stukkie papier en ‘n paar maande later het ek my prag rok. Dit was pret om te sien hoe daar elke keer nog ‘n stukkie lap bykom om uiteindelik my droomrok te skep wat gesorg het dat my matriekafskeid onvergeetlik is!

 

Sien alle inskrywings

  • Jacques

    Jeh!! Wat ‘n prag rok. Die beste van die lot. Sio sio. Maar ek dink die persoon in die rok maak die rok wat dit is so ek haal my hoed af vir Celiané Heyns. (Ek stel dit so delikaat as moontlik sodat die ou langs haar my nie moet slaan nie;) ) Ek is self ‘n mode-ontwerper en dis belangrik dat ‘n rok nie soos ‘n kersfeesboom moet lyk nie en dié balans van dié rok is net perfek. Dis nie blinkerig nie maar bevat tog ‘n pragtige helder blou lente kleur wat vir my uitgestaan het van die rok. Baie sterkte met die kompetisie Celiané.

  • Cornel

    Dit is die beste rok wat ek sover gesien het en dit lyk net wonderlik
    Dit is BAIE BAIE MOOI.

  • Karien

    Wat ‘n pragtige stukkie kuns. . wow

  • Stephan

    Ekt lanklaas so ‘n mooi matriekafskeidrok gesien. Dis rerig beautiful!

  • Renate

    Dis werklik asemrowend. ‘n Wen rok!

  • Marike

    Wonderbaarlik!!

  • Matthys

    Ek kan rerig nie een negatiewe ding van die rok raak sien nie. Rerig rerig ongelooflik.

  • Constance

    Ek moet saam stem met die eerste comment(Jacques in). Dis rerig ‘n stukkie perfeksie