Matriekafskeid

Chané Chappell

Ek wou gehad het my rok moet my persoonlikheid en ook my matriekjaar-ervaring weerspieël en kon dus beslis nie net een kleur wees nie! Ek wou iets heeltemal anders hê, en aangesien ek hou van blomme en ‘n bouquet meer gepas is by ‘n bruid, wat is nou ‘n beter plek as op my rok? Die snit pas my soos ‘n handskoen en die geheelbeeld is beslis ek: gesofistikeerd, kleurvol, smaakvol en spelerig dog met ‘n misterieuse ondertoon. My ontwerpster het haar uitstekend van haar taak gekwyt en is passievol omtrent al haar skeppings en dit is weerspieël deur die eindelose komplimente wat ek deur die aand ontvang het (ek het waarlik soos ‘n Hollywood-ster op ‘n Oscar-aand gevoel), en steeds doen! Dit is juis deur vele terugvoer van ander dat ek besluit het om in te skryf.

 

Sien alle inskrywings