Matriekafskeid

Chantel Van Wyk

Ek het al twee jaar terug begin dink aan my matriekafskeidrok en hoe ek soos enige ander tiener meisie gedroom het dat dit die perfekte aand sal wees. Ek het nog altyd myself in n balrok gesien net soos die prinsesse van my kinderdae. Die soektog na my ideale rok het begin en ek het oral gekyk in tydskrifte, enige boeke en uiteindelik het ek die perfekte rok op die internet gekry. Die foto was ‘n balrok met die mooiste detail en ‘n unieke ontwerp. Die regte foto het nou die regte ontwerper gekort om my droom waar te maak en so het ek Ana-Paula gevind. Sy was ideaal, die rok se ontwerp was net so spesiaal vir haar en sy was baie opgewonde om dit te kan maak. Al keuse aangaande die rok wat nog gemaak moes word is die twee kleure. Ek het van die begin af geweet my hoofkleur gaan pers wees, wat natuurlik my gunsteling is, en danksy my ouma se inspirasie het ek turkoois daarby gekies. Die twee ongewone kleure het met die eerste pas perfek gelyk en die dag voor my matriekafskeid was ek in ekstase oor die eindproduk. Ek het sowaar soos ‘n prinses gevoel, my perfekte aand…!

Sien alle inskrywings