Matriekafskeid

Chantell Mckenzie

Het ‘n baie mooi rok gesien by Menlyn, maar was ongelukkig baie ver oor ons begroting vir die matriek afskeid. Ek en my ma het toe besluit ons sal gaan kyk vir materiaal en ‘n patroon en die rok laat maak. Oppad die Saterdag na die materiaal winkel in Centurion, het ons verby “Yourday” gery. My ma stel toe voor dat ons gou daar moet stop. Die verkoopsdame het toe vir my die pers rok gewys, en ek het gedink “Okay, laat ek hom maar aanpas” Ek het vir my ma gese ek wil die pers een maar eerste aanpas……… Wow !!! Toe ek hom aanhet, wou ek hom nie uittrek nie. Dit was asof die rok vir my gemaak was. Ons het hom dadelik gekoop. Omtrent 2 maande voor die matriek afskeid, en ek was so opgewonde, as my ouma – hule of enige iemand kom kuier het, wou ek die rok aanpas. Dit het my aand baie spesiaal gemaak.

 

Sien alle inskrywings

  • Karin

    Ag jammer – hier is die voorkant van die tok. Hou baie van die kleur.