matriekafskeid
Matriekafskeid

Chantelle van der Walt

‘n Hele paar jaar terug het ek deur ‘n Sarie tydskrif geblaai en ‘n advertensie van ‘n half lyf foto van ‘n vrou in die perfekte rok gesien. Ek het onmiddellik die foto uitgeskeer en gebêre want dit was hoe my matriekafskeid rok moes lyk. My rok se kleur is nie 100% die kleur van die foto in die tyskrif nie, maar toe ek die kleur van my rok raakloop het ek nie eers twee keer gedink om ‘n ander kleur te soek nie want ek het gesien dit komplimenteer my vel perfek. So my bostuk is geïnspireer deur Sarie en omdat ek ‘n rabadoe is het ek geweet ‘n lang rok gaan nie helemal vir my werk nie. So het ek en my ontwerper “Roedolf D Couture” besluit om my onderstuk te laat afknip vir ‘n dans kort rokkie. Ek het soos ‘n feetjie gevoel.

 

Sien alle inskrywings

  • Simone Erasmus

    Die mooiste en interessantste rok ooit! Dankie Sarie.

  • Michelle Hoffmann

    Chantelle het asemrowend gelyk en die rok is PERFEK vir haar!

  • Nedine

    Loooove hierdie rok.. Jy lyk soos ‘n feeprinses meisie!!!

  • Marthie Gerber

    Pragtig,klassiek en sonder bling.

  • Anel du Plessis

    jyt pragtig gelyk!!!

  • Gerda Smith

    Jy en jou rok pas perfek bymekaar, jy lyk so pragtig Chantelle!

  • Gerdia van der Walt

    My dogter is pragtig! Haar rok pas haar soos ‘n handskoen! Sy het asemrowend gelyk!

  • Addy vd sluys

    Die rok was die beste van die aand…Dit n bja uistekende rok..en mens moet met n diep persoonlikheid die rok se plek kan vol staan… Chantelle het die perfekte persoonlikheid…en die rok het die perfekte karakter gevind…

  • Marike Louw

    Sjoe! Jy is ‘n pragtige jong dame! Jou rok komplimenteer die sagte pienk ondertoon in jou gesig! Jy is by ver die mooiste matriek meisie van 2011 wat ek nog gesien het! Jy lyk soos ‘n baie vriendelike jong meisie en ek is seker jy gaan nog baie harte steel met daardie mooi glimlag van jou!

  • LeJuan

    jy is n baie mooi meisiekind!!

  • Sonette Pienaar

    Jy is Pragtig, binne en buite! jy lyk ongelooflik. Dit is asof ek ‘n sprokie lees. Asemrowend verby!!!!!!!!!!