Matriekafskeid

Charne Steyn

My rok is geinspireer deur ‘n musiekvideo van Selena Gomez. Ek het ‘n prentjie van haar rok na die ontwerper Erica Mengouchi in Polokwane geneem en ons het die prentjie as basis vir die ontwerp van my rok gebruik. Ek hou van eenvoud maar tog stylvol, vroulik en vleiend. Ek het aan die praktiese kant van ‘n ontwerp ook gedink, sodat ek die rok weer kan dra. My rok is tydloos en elegant en die kleur en tipe materiaal wat vir die rok gebruik is gee die rok ekstra flair en elegansie. Die ontwerp van my rok beklemtoon my bates. Die rok is spesiaal vir my gemaak deur Erica Mengouchi en ons het albei aan die ontwerp van die rok gewerk. Ek voel baie selfversekerd, vroulik en begeesterd oor my rok. Ek dra die rok, die rok dra my nie. Hierdie rok laat my soos ‘n prinses voel en dit is elke meisie se droom om haar droomrok met grasie te dra.

 

Sien alle inskrywings

  • suzette myburgh

    hierdie is vir my so ‘n mooi rok die kleur en styl is regtig mooi by Charne, sy sê sy dra die rok die rok dra haar nie – dit is ooglopend.

  • Johan Adraain Fondse

    Dis n stunning meisie wat met trots so pragstuk kan dra !!!! Mooiste, stylvolste en elegantste rok wat n matriekafskeid nog kon sien! Beeld die mooiheid van n dame met klas uit!!

  • Amanda Engelbrecht

    Die kleur komplementeer haar – sy lyk regtig soos ‘n prinses!