Matriekafskeid

Chimooneh Brand

Ek glo dat mens die beste deel van jou liggaam beklemtoon wanneer dit kom by die keuse van ‘n rok. Vir my is my rug my beste deel, en daarom het ek besluit op n lae rug rok. Die rugband, nekband asook n gedeelte aan die voorkant is uitgewerk met kristalle. Die kristalle het ook weerskante van my rug afgeloop tot op die laagste deel van my rug wat oop was. Ek was lus vir n sagte vloeiende, tog sjiek rok, daarom het ek besluit op Satyn, wat sag gevoel het teen my vel. Die sleepgedeelte het sag opgelig in die effense bressie wat gewaai het op daardie spesiale aand. Ek wou vir die aand nie voel soos n prinses nie, nee ek wou voel soos ‘n koningin, daarom het ek besluit op die Royal Blou kleur van my rok. Ek ek glo dat die kleur my goed gekomplimenteer het met my donker hare en my kleur oe….blou was ook my oupa se gunsteling kleur, en met sy dood net voor ons spesiale aand, was ek so bly ek het besluit op blou om so n tikkie van hom deel te maak van my groot aand.

 

Sien alle inskrywings

  • Renett Brand

    My kind het so mooi gelyk, net soos n Koningin, jyt nog net die kroon gekort.Dankie Liewe Jesus vir die mooiste kind.

  • Aneen von Weidts

    Die rok sit so mooi aan jou lyf en die kleur is stunning! Jy’t bitter mooi gelyk!

  • Anna-Marie Smit

    PRAGTIG!!! Jy het awesome gelyk in die blou! Die rok het perfek aan jou lyfie gepas! Jy is waarlik ‘n mooi meisiekind!

  • Elmien Bussiahn

    Chimooneh laat die rok behoorlik lewe kry! Wat ‘n natuurlike skoonheid! Renett, jy mag beslis trots voel op haar!

  • Annette

    Chimooneh! Jy’s n pragtige mens – van binnne en buite! En jou rok weerspieel baie mooi wie jy is!

  • Berindene Potgieter

    baie baie mooi chimmie!!! jy het beeldskoon gelyk! hoop jy het die aand baie geniet xx

  • Florence

    Wow!!!! Stunning!