Matriekafskeid

Chloe Van Niekerk

Vandat ek ‘n klein dogtertjie was het ek al gedroom en geteken aan my droomrok vir die matriekafskeid. Ek is gaande oor die ou Franse vintage styl en dink ek is in die verkeerde eeu gebore! My rok moes die romantiese styl weerspieel. My kleur inspirasie kom vanaf ‘n rok wat Amore Vittone gedra het tydens een van haar swangerskappe. Ek is verder gek oor kant en het omtrent gesukkel om die regte kleur te kry. Ons het ten einde laaste ‘n serp gekoop, opgesny en gebruik. A.g.v my kunstalent is fyn detail vir my ontsettend belangrik. Ek het ‘n ongelooflike ontwerper gehad en sy het my soos ‘n feeprinses laat lyk en voel!!

Sien alle inskrywings