7
Matriekafskeid

Chriselle Storm

‘n Bedekte seën. My ma het die een Februarie middag by die huis gearriveer met hierdie groen droom. Sy’t die middag na werk vinnig by haar gewone winkel ingehardloop en sonder om eers na die rok te kyk, het sy hom gekoop. Toe sy by die huis kom, het ek die pakkie uit haar hande gegryp en soos ‘n kind met ‘n geskenkie het ek die inhoud angstig uitgepluk.”Sjoe Mamma, hierdie is my volgende kompetisie se rok!” Toe sy omdraai was die aangesig diè van ‘n feëprinses. Soos die Here dit toe wou, het die kompetisie vroër die jaar nie vir my gerealiseer nie. “Wel aangesien ek nou die rok het, kan ek hom netsowel na my matriekafskeid toe dra, nè Mamma?” My ma was in die wolke want die rok is die kleur van my oë. Met my eksentrieke persoonlikheid het ek ‘n tikkie van my ouma bygevoeg en dit het werklik gevoel of ek in die “vintage” era geleef het. Die Here het my pad voorentoe gesien en Hy’t geweet dat ek die 15de Oktober soos die prinses wat ek vir Hom is, sal voel.

Sien alle inskrywings

  • Lizelle

    Daar is nie woorde nie, baie mooi

  • Mamma

    Chriselle

    Jy is my sonskynkind, ek dink nie daar is enige ander tiener wat al deur die druk is waardeur jy gegaan het nie, jou morele waardes is hoog en tog bly jy nederig tenspyte van alles wat al in jou lewe gebeur het en kyk jy nog op na HOM en jy lig mense op wanneer hulle laag is. Dankie dat jy een van my wonderlike geskenke is wat God aan my geleen het. Jy is voorwaar ‘n dogter waarop enige ouer en grootouer baie trots kan wees. Ek is seker as jou oupa en ouma nog by ons was sou hulle saamstem. Baie lief vir jou.

  • Theresa

    Alles – baie mooi!

  • CHARLENE

    PRAGTIG PRAGTIG PRAGTIG !!!!!

  • Lizelle Storm

    Ek sien nou eers jou storie. Baie mooi, baie bly dat jy van so jong ouderdom af net op die Here kan staat maak en dat jy weet dat alles van bo af kom en nie van self nie. Jy het baie mooi gelyk… nes jou sussie ;-) lol, nee regtig as ek jonger was sou ek seker soos jy gelyk het…. en jy het nie net soos ‘n prinses gelyk nie maar jy het ook in style by die funksie aan gekom, baie mooi…

  • Retha Meyer

    Jy het absoluut soss ‘n prinses gelyk. Statig en trots. You go girl!!

  • Ouma Isabel

    Jy’t so pragtig gelyk op hierdie spesiale aand van jou…jy’s ook my prinsessie.

  • Siekie

    Chriselle, jy het baie bereik in jou lewe, en dit alles ten spyte van…Ons is so trots op jou. Love ya lots!!

  • Silma Gaffoor

    Praagtig en Die moeste miesie what ek gasien het and die rok uitstandig!

  • Rina

    Wat ‘n seën om so ‘n pragtige (binne en buite) dogter te hê! Ons moet ons dogters koester want hulle is die opvoeders van die leiers van môre.

  • Nicole

    Stunning Rok en storie!! Jy het baie mooi gelyk!

  • http://wwmnktprdfwx.com/ kzusvluyhbk

    4GBo11 jgjhogedrgjv, [url=http://fmzpdxqvyqow.com/]fmzpdxqvyqow[/url], [link=http://cefgtpgngdqa.com/]cefgtpgngdqa[/link], http://kobzhnhlmexg.com/

  • Hanlie

    Baie mooi rok, en stunning meisie!

  • Tannie Betsie

    Jy het soos ‘n prinses gelyk daardie aand. Wens almal kon sien hoe jy gestraal het. Dit was gelukkig my voorreg om daar te kon wees en dit gesien het. Jy is baie spesiaal.